Ek het soveel pret met my kleinkind dat ek besluit het om dit te begin neerpen. Kort stukkies, om my eendag aan al sy dingetjies te herinner.
Ons huis is in die mark, en die agent laat weet sy het moontlike koper. Dit is Vrydag en dit is rof. Want … die tuinier moet kom grassny, kleinseun is hier, die Schnauzers gaan mal gaan as hulle “indringers” sien en ek maak ‘n plan.
Manlief werk van die huis af, dus sal hy met kleinseun rondloop terwyl die mense hier is. Ek sal by die tuinhekkie uitgaan met die drie woefkinders van my en die agent sal aan die voordeur se kant omkom dat ons mekaar misloop.
So tien minute voor die tyd besluit ek om die woewe se harnasse aan te sit. En gereed te maak om te gaan stap. Ons staan in die piepklein eetkamertjie, en toe ek die eerste woef se bandjie haak, vat kleinseun dit vas. Sonder dat ek sien, want ek is mos gehurkend.
By ander ouma gaan stap hy saam, maar Jack is al ‘n ou man en hy stap stadig.
My woef besluit hy gaan vinnig stap toe die leiband aan is.
Maar nou moet ek die prentjie eers verduidelik.
Kleinseun het skoentjies aan, sy pet is laag oor sy ogies getrek en hy kan nie eintlik sien waarheen die woef hom lei nie. Want hulle trek eerder as wat mens dit lei kan noem.
Ek staan nog so gebukkend by die tweede een om die leiband aan te sit, toe kleinseun teen ‘n spoed klak-klak-klak van agter af kom. Reguit op pad na die kas wat hy nie sien nie omdat sy ogies onder die pet is.
Al wat ek kon doen, was om vir die woef te beveel om te stop. En om hom te vang voor hy in die kas vashardloop.
Daardie naweek is ons rivier toe. En elke keer as ek maak of ek vinnig klik-klak-klik, bars ek en manlief uit van die lag.
Ek het soveel pret met die kindjie so by sy ouma. Ek ruil dit vir niks onder die son nie. As hy hier is, staan alles wat ek moes doen tot hy slapies. Niks word gedoen as hy hier is nie.
Dit is ‘n fees om na die kindjie te kyk.
Ag moeder, ek sien die outjie en die hondjie se optog!
LikeLiked by 1 person
Ag Frannie, ek het so lekker gelag. Maar eers toe ek sien dat hy veilig is.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan so goed hoe jy voel. As ek by kleinkind is, loop ek agter haar aan en kyk net wat sy doen.
LikeLiked by 1 person
En verwonder my aan alles wat hom interesseer, dit is presies net so, Appeltjie.
LikeLike
Jy is so bevoorreg om die kans te he om na hom te kyk.!
LikeLiked by 1 person
Verskriklik baie, ek dank die Here elke dag daarvoor.
LikeLike
😊
LikeLike