Die derde dag van die WGO se dankbaarheiduitdaging vereis dat ek gesels oor een ding wat ek lief van die plek waar ek tans leef.
En dit is ‘n interessante uirdaging, want ek kan op die oomblik gesels oor waarom ek nie meer hier wil bly nie. En dan besef ek dat ek die bus heeltemal missit, want daar is soveel dinge wat ek lief van die plek waar ek tans woon.
Ek lief die plek omdat dit so naby aan seun en skoondogter en kleinseun is dat ek soontoe sou kon stap. As dit nie as gevaarlik beskou sou word as ek dit alleen doen nie. Want ‘n skoolbus is so week of drie gelede naby hulle huis amper gekaap. Dus tussen ons en hulle. Die kinders en bus is veilig daardeur. Maar … Genoegsame rede om my te oortuig om nie daarheen te probeer stap – of rustig te wees as die drietjies hierheen sou wou stap nie.
Ek lief bykans elke vertrek in hierdie piepklein huisie omdat dit deurspek is met herinneringe aan dae wat kleinseun by my gekuier het. Aanvanklik het hy net so twee uur op ‘n dag gekuier, maar hierdie ouma het haar staal bewys en nou bly hy twee dae per week die hele dag by sy ouma. Ons gaan weggtrek, maar nie te ver nie. Hy gaan steeds twee dae – of dalk later meer as mamma langer werk – by sy oupa en ouma kuier. Genoeg rede om hierdie plek te lief.
Ek lief die plek waar ek tans bly omdat ek vir twee jaar lank baie ver van my kinders en kleinkinders gebly het. Om presies te wees, ek het 10 000 km van hier af gewoon het, dus kon ek die kinders en kleinkinders net so 2 keer per jaar sien. Die laaste 9 maande daarvan was tydens die strengste inperkings wêreldwyd. In daardie tyd is hierdie kleinseuntjie aan seun se kant gebore. En kon ek hom eers ontmoet toe hy al 7 maande oud was. Dit was een van die slegste ervarings in my lewe. Daarom doen ek alles wat ek kan om by hom te kan wees.
Ek lief die plek omdat ons hier ook herinneringe gemaak het. Omdat die Here se hand hier ook duidelik is. Vanoggend op pad kerk toe, noem ek dit vir manlief op.
Ons het die afgelope jaar deur huis koop en verkoop met drie ander Christelike paartjies te doen gehad. Ons groot huis is deur ‘n Christen-paartjie gekoop, ons klein huisie word ook deur ‘n Christen-paartjie gekoop en ons koop by ‘n Christen tannie ons nuwe woonplek – terwyl ons twee ook Christene is. Verdere ooreenkomste is dat die agent en kopers en verkopers in al die gevalle ook Christene was.
‘n Ander interessante ooreenkoms is dat ons almal Afrikaanssprekend is, die prokureurs ook.
Alhoewel ek die plek waar ek tans woon tog lief, is dit te klein vir ons twee. Daar is nog te veel jare voor ons 80 is en tot dan het ons ‘n groter plek nodig. My arme kleinseuntjie gee 10 treë in alle rigtings, dan is hy deur die huis. Hy word groter en ons het plek nodig waar ons kan gaan fietsry en speel. Ons nuwe woonplek voldoen aan daardie vereistes, daarom gee ek nie eens om dat ek seker nou dubbeld soveel skoonmaak nodig het nie …
My hart is waar ek woon.
En tans woon ekke hier.
Die belangrikste sin in hierdie stuk is “My hart is waar ek woon.” As dit waar is kan ons lief wees vir waar ons lewe. In Engels weet ons dat “Home is where the heart is” – vir my beteken dit familie.
LikeLiked by 2 people
Anne, ek stem so saam met jou. My hart is waar my familie is.
LikeLiked by 2 people