Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

Dag 4: WRG se 21 dae van dankbaarheid uitdaging

Vandag Sondag 12 Desember 2021 moet ek oor drie goeie dade gesels wat ek vandag gedoen het. En o gits, ek wonder of ek by soveel gaan uitkom …

Ek wonder juis oor goed wat ek beter kon hanteer het.

Ons trek een van die dae na ons nuwe huis en oorweeg om dan sommer ook van gemeente te verander, dit is nader aan ons huis.

Vanoggend staan ons twee toe op, gaan met ‘n lied in ons harte na die nuwe gemeente se gebou en word by die voordeur voorgekeer deur ‘n oom met ‘n bottel spuitgoed. Ek het reeds vertel dat ek mooi aantrek om kerk toe te gaan, tog dink die oom blykbaar ons is vuil, het vergeet om te bad, was nie ons hande nie … laat ek leiwerste stilbly.

Hierdie kwaadword by deure het ek en manlief lankal oorkom deur my eie botteltjie Dettol skoonmaakgoed in my handsak te hou. Ons stop, haal dit uit, wys, spuit ons handjies, was ons handjies mooi.

Hy is tevrede, my Apple horlosie nie. Ek moet volgens haar 20 sekondes lank staan en hande skrop. Ek kyk nie na hom nie, gaan loop anderkant my man. Hy het iets te vertelle van dit wat in sy bottel is, is vars. Ek het min geluister, eerder geïgnoreer en ander pad gekyk. Want daar staan ‘n trapmasjien, hoe vuil dink die man is ekke?

Ek kon seker maar vir hom geglimlag het? Maar nee, dit is beslis nie ‘n goeie daad nie, dan versterk ek hom in sy kwaad.

Ek was vriendelik by al die winkels waar ek vandag moes in. Anders as by die kerk, staan daar ‘n trapmasjien en ‘n wag. Sy of hy wys die bottel, ons wys ons s’n, gooi genoeg in ons eie hande en doen die nodige handbewegings om ons skoon hande skoner te was. Wat my weereens met die dilemma by die nuwe kerk laat. Daar is ‘n trapmasjien, tog storm die oom op ons af asof hy ‘n kakkerlak sien aankom het.

Ek het darem ‘n goeie daad aangebied.

Die tannie by wie ons koop, wil haar kombuis en een badkamer se gordyne vir my los. Dit gaan help. Sy het te vertelle dat sy dit eers gaan was en weer ophang. Dit is mos hoe goeie ou mense is. Ek het net-nou vir haar ‘n WhatsApp gestuur, sy moet asseblief nie. Ek gaan dit in elk geval weer was. Al sou ek nie as sy dit gedoen het nie. Maar hoe kan ek van haar verwag om vir my skoon te maak as haar hulp reeds op verlof is? Sy is amper so oud soos my ma.

Ek het ook vir die agent afgegee, ons wou alleen na ons nuwe huisie gaan om gordyne te meet en te bepaal of myne lank genoeg gaan wees. Dit was heerlik, die vorige kere het ek gevoel soos die padda met die opsitkersprobleem. Sy kekkel oor alles en wat en ek wil nie hoor of gesels nie, ek wil ons plekkie vir seun en skoondogter wys … sonder ‘n luistervink daarby. Was dit dan regtig ‘n goeie daad dat ek haar op ‘n Sondag afgegee het? Of was ek net lus om alleen deur ons amper eie plekkie te stap?

Soos ek hier sit, kan ek aan bykans geen goeie dade dink wat ek vandag gedoen het nie.

Maar ek het tog iets gedoen wat in die week as goeie dade gereken gaan word.

Ek het die skaapboud gemarineer vir ons ete saam met seun en skoondogter môre. Ek vermoed hulle gaan baie daarvan hou, dus is dit ‘n goeie daad?

Ek het vier speelgeweertjies vir kleinseun gekoop, watergeweertjies. Lyk nie soos gewere nie, ek het probleem daarmee. Maar ek vermoed ek en die mannetjie gaan môre iets hê om mee te speel. Iets anders as wat hy ken. ‘n Nuwe truuk wat die vingertjies moet aanleer, en ek vermoed dit gaan goed vir oog-hand-koördinasie wees. Ek kan nie wag om te sien hoe dit gaan uitwerk nie. As dit soos ‘n tuinslang of skepding gaan wees, gaan sy ouma sopnat wees. En haar verheerlik in die pret met ‘n 20 maande oue seuntjie.

En … ek het vir hom ‘n stelletjie gekoop met ‘n net en vissies. Ons gaan vissies in sy baba-swembadjie vang as dit koud is.

Dan het ek ook geleer om self verf vir hom te maak, kleure en al. Om seker te wees as hy hap, is hy veilig. Genugtig, ek weet babas leer deur alles in hulle monde te druk, maar skrik elke keer. En keer net betyds, want ons twee is mos soos boude. Waar die een is, daar is die ander ene as hy hier is. Ek maak tog maar liewer seker dat die verf eetbaar is. Net vir ingeval.

Sou dit werklik as goeie dade gereken kan word? Ek weet nie, maar as ek dink hoe ons twee gaan speel, en hoe hy gaan leer, is ek seker dit mag maar as goeie dade gereken word.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

7 gedagtes oor “Dag 4: WRG se 21 dae van dankbaarheid uitdaging

    1. Andrew, my sentiment as well. I did not feel welcome, and that is one thing I do feel in my current church. I would rather drive further to the old church than feeling like soemthing that carries illnesses when I walk into the church.

      Liked by 1 person

  1. Belonging with other believers certainly doesn’t come out of an anteceptic bottle. That Parish wouldn’t encourage Spiritual Growth if the Elder was an example thereof.
    Enjoy your usual Sanctuary,the travel is more than worth it.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.