Wat gaan met WordPress aan?

WordPress het werklik irriterend geword. Die een oomblik tik ek nog lekker die volgende oomblik kan ek niks byskryf nie.

Die een oomblik kan ek ‘n foto byvoeg, die volgende oomblik is ‘n beperkte getal foto’s beskikbaar. Kan ek nie meer byvoeg nie.

Dan moet ek op opdateer druk en hoop dat wat ek so pas geskryf het nie in die niet verdwyn nie.

Om die plasing toe te maak en weer oor te begin.

Daarom gaan ek nou moet vra: “Gebeur dit net met my?” “Doen WordPress dit ook met jou?” en die vernaamste vraag: “Hoe oorkom jy die probleem?”

Ek is nie lus om eers in Word te tik en dan te spoeg en plak nie. Om die waarheid te skry, ek wil myself van Word speen.

Dit is mos nie waarvoor WordPress gemaak is nie? Om iewers anders te tik en dan te spoeg en plak nie?

Scrapy, jy het iets genoem van sukkel ook. Het jy al raad gekry?

Moet ek maar net weer terugskakel na die klassieke een?

Soos laas toe die blokvorm ook so gemaak het.

Al wat ek weet, is dat ek besig is om my lelik te vererg.

Dus gaan ek eers terugskakel na die klassieke een, kyk of dit beter gaan en daarna besluit wat om te doen.

Vir sukkel is ek nou een maal nie lus nie …

17 gedagtes oor “Wat gaan met WordPress aan?

  1. Dit het mos met my ook gebeur. Ek het nbhele aand gewerk( en gesukkel met die simpel new editor wat nie eers n mens n ë of ê wil gee nie) aan n blog oor my 10 jy by wordpress, foti’s opgesit, links na seker ou blogs, en toe ek heel laaste link opsit, toe vee wordpress die hele blog behalwe die eerste paragraaf af. Ek is soooo disgusted dat ek nog nie weer kans gesien het om te blog nie, want van nou af sal ek ook moet spoeg en plak. En my rekenaar is n harmansdrup. Kom ons kla almal my die happiness engineers as hulle nog so-iets het

    Liked by 1 person

  2. Hul;e is Amerikaans en kies graag verderflike goed, soos die Block Editor. Party van ons het aanbeweeg Blogger toe want g’n mens kan WordPress gebruik én jou siel in die hemel inkry nie.

    Liked by 1 person

  3. Goeiemore Dr. Christa. Het u al WordPress se vinnige konsep blogform gebruik? In Engels ook bekend as quickpress. Dis te vinde amper aan die onderkant van die blog se beheerpaneel, oftewel Dashboard. Ek gebruik dit baie en het nog nie probleme gehad daarmee nie. Ek sukkel self bietjie met WordPress se rich text editor maar gelukkig gebruik quickpress darem plain text.

    Liked by 1 person

  4. Jy moet kyk of jou spaie wat jy mag gebruik dalk opgebruik is. Ek het bv net voordat dit op was n tweede deel oopgemaak sonder om my vorige te sluit. Dit gee jou weer genoeg spasie om aan te gaan. Fotos neem natuurlik ook baie plek. Jy kan hul kleiner maak voordat jy hul plaas. Dit help ook. Die nuwe uitleg is baie meer uitgebrei en daar is baie meer wat mens kan vermag. Ek is ook maar stelselmatig besig om ondersoek in te stel hoe om dinge te doen. Ek het nie nou meer enige probleme nie(waarvan ek bewus is nie)

    Liked by 1 person

  5. Ek kan honderd keer op ‘n dag terugskakel na Classic Editor en binne ‘n oogwink is dit terug by Block Editor. Deesdae email ek my blog-artikels en dan publiseer dit outomaties. Meer vrede vir my siel.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.