In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.
Waarom dan so sukkel om materiaal te koop? Wat doen hulle met hulle naaimasjiene? Gordyne? Want ek kon wel gordynmateriaal op die mark te koop kry. Wou net nie maak nie.
Op die 7de Maart toe ek die Kazakh gids gevra het om my op ‘n uitstappie deur Almaty gevat het, het sy ook vir my materiaalwinkels gewys. Sommer ‘n hele blok daarvan. Naby die Green Bazaar. Dié plek was die hele tyd vandat ons hier aangekom het toe.
Ewenwel, toe ontdek ons dat van die kleiner winkels in die straat oop is. Maar die grote se deur staan toe.
En toe besluit ons verlede naweek om te gaan toets. Kleiner winkels mag oop wees, winkelsentrums moet toe wees. Lekker lawwe reëling, want die winkels in sommige winkelsentra is kleiner as die wat nie in sentra is nie.

Op sy deur staan магазин рабогает! Maghazien rabotajet, wat ek vertaal as die winkel werk nie. Die jet voel soos nie. Baie ongelukkig omdat hy toe is. Tuis vat ek die foto, sit dit in Google Vertaal en kry die verrassing van my lewe … Daar staan die winkel werk – net nie naweke nie, staan verder geskryf. Regering sê moet naweke toe wees.
Maandag na vyf kla ek by manlief, ek soek rok vir my verjaarsdag, nie lus om van winkel tot winkel te soek nie. Ek gaan self maak. Dus is ons na werk materiaalwinkel toe. Hierdie mooi gebou wat een van die grootstes huisves.

Die verskeidenheid is so oorweldigend dat ek gesukkel het om te kies.
Iedergeval, ek het materiaal gekry vir ‘n romp en bloes. ‘n Mooi diepblou. Was so effens van probleem om dit in Russies te vra. Ek sê dwa meter (два мерг) dit is naby genoeg aan verstaanbaar. Sy lyk effens onseker, maar verstaan ek soek twee meter daarvan.
Sien vanoggend ek moes vra dwa metra, want die woord verander mos aan die einde afhangende van die geslag van die woord voor hom. Dit is waarom ek sukkel om die taal aan te leer. Waarom moet meter verander? Dit is mos stupid.
Ek het my aan die winkel verkyk, soos die eerste keer toe ek daar was. Mens kan enige iets daar koop. Van blink goed om op klere te werk tot breigoed tot hekelgoed tot mooi lap. Verskeidenheid van mooi lap.
Selfs soos toe ek kind was, sulke karton stukke met ‘n verskeidenheid knope op. Ek verstaan nie wat mens met so ‘n klomp onpas knope wil maak nie, maar hulle kleure pas bymekaar.
En nou moet ek mooi probeer onthou wat sy van die gebou gesê het. As ek reg onthou, was dit een van die huise van die elite wat toentertyd in Almaty gewoon het.
Die winkel herinner aan Metro in Pretoria. Of Chamdor in Fourways en Roodepoort. Wel net kleiner, maar die vloerspasie is beter gebruik. Dit is asof daar kamers is, en dus inhamme wat van hoek tot kant vol materiaal is.
Ek gaan beslis weer terug.
Dalk alleen, manlief jaag mens aan …
Nou hoop ek die rok is betyds klaar …
Ek sal myself verloor in so ‘n winkel. Ek is nie ‘n nasldwerker nie, maar vrek oor mooi lap. Kuier heerlik by jou in die vreemde wêreld.
LikeLike
Dankie Bitterbossie, dit is lekker om te hoor mense geniet dit.
LikeLike
ekself moet liewers nie in ‘n materiaalwinkel instap nie, en beslis nie as my sussie by is nie. Ons kan lap koop net vir ingeval ons dit wel kan gebruik vir iets.
LikeLike
Daai klink soos ekke, en as die prys goed is, koop ek nog meer as wat ek nodig het ook …
LikeLike
Wat ‘n heerlike verassing om uit te vind dat die winkel wel oop is gedurende die week!
LikeLike
Oe dit was Anne.
LikeLike
Wys die rok as jy klaar is. N materiaal winkel is nog al my lewe my dood. Kannie uit stap met niks
LikeLike
Ek kan ook nie, moet iets koop.
LikeLiked by 1 person
Christa,ek hoop jou naaldwerk is klaar want dis mos vandag wat jy verjaar!
LikeLike
Dankie, Letty-Anne, die rok was toe klaar.
LikeLike
Aitsa!
LikeLike
Dis die mooiste geboue Christa!
LikeLike
Dit is regtig baie mooi, kom uit die Russiese tyd.
LikeLike
Ek wens ek was daar. Sal graag laaaank daar wil dwaal. Jy moet beslis weer en weer gaan. 💙
LikeLike
Ek sal beslis weer wil gaan.
LikeLike