Gepubliseer in Reisjoernaal

Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek

Ek dink blogvriendin Anne gaan van hierdie tee hou. Dit is juis sy wat my oortuig het om Earl Grey tee weer ‘n kans te gee. Nou drink ek selfs Bergamot tee as ek nie lus is vir ‘n vrugte geur nie.

Iewers het ek egter oor Oolong tee gelees. En besluit dat ek dit wil toets. Maar ek kon dit nêrens opspoor nie. Ek het gesien Checkers in Suid-Afrika verkoop dit. En my dollatjie gevra om vir my te koop. Maar nou ja, ek weet nie of sy het nie. Ons was nog nie weer in SA nie.

Toe ontdek ek vandag in Colibri ‘n maak wat ek nie ken nie. Lyk deftig en is duur, Colibri is nie verniet Almaty se Woolworths nie. En koop ek twee soorte daarvan. ‘n Mint ene en ‘n Milk Oolong.

Toe moet ek eers kom oplees oor hierdie tee. Want sien, die milk deel het gepla. Met my laktose weerstandigheid wil ek nie kanse waag met my tee nie.

Die tee variant is blykbaar in 1980 in Taiwan ontwikkel. Dit is tussen groen tee en swart tee. En het met oksidasie te doen. Die proses wat groen tee in swart tee verander.

Dit het nie melk in nie (behalwe as mens nagemaaktes koop en ek hoop maar Berton is nie nagemaak nie). Dit word milk genoem omdat dit ‘n romerige smaak het, soos wat rooibos tee het. Die romerigheid wat op mens se lippe gevoel word.

Die smaak is lig, romerig, met soet blomagtig ondertone volgens Wikipedia. Ek proe net baie lekker. Klink amper soos ‘n beskrywing van wyn.

Dit bevat die volgende vitamienes: Persentasie van daaglikse inname in hakies:

  • Fluoried (5 – 24%)
  • manganese (26%)
  • Potassium (1%)
  • Sodium (1%)
  • Magnesium (1%)
  • Niacin (1%)
  • Kafeïn (26 mg)

Moet dus nie drink voor ek gaan slaap nie.

Dit bevat die volgende oksidante: theaflavins, thearubigins, EGCG, wat blykbaar baie gesondheidsvoordele inhou.

Dit bevat ook theanine, ‘n amino suur wat help om stres te verlig.

Milk Oolong staan onder verskeie name bekend: Jin Xuan, Nai Xiang, TTES en #12 en Silk Oolong.

Die tee word geklassifiseer op grond van die naam van die berg en hoe hoog in die berge dit aangetref is.

Ons drink gereeld groen tee voor ons gaan slaap. En dit is vir my nogal sleg, dus kies ek die Bahama soort wat mens hier kry. Curtus. Het dit nog nie in Almaty opgespoor nie.

Maar, ek dink ek het ‘n nuwe liefde ontdek.

Hierdie tee is besonder lekker.

Ek lees dat dit die volgende gesondheidvoordele het:

  • verlig stres
  • help met metabolisme
  • verlig droogheid van organe
  • en dit is goed vir verslanking – ek gaan dit toets …

Nou lees ek mens kry ‘n perske smaak ook, wat langer geoksideer het. Proe of daar heuning en perskes in as, maar daar is nie …

Hoe lekker klink dit nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Berton Oolong tee … nuwe lekkerte ontdek

  1. Christa,nou het ek baie geleer. As jy melk moet vermy is gemmertee met heuning ook ‘n geurryke opsie. Hou gemmerstukke in ‘n flessie water in jou yskas vir dié doel.

    Like

  2. Baie jare gelede toe ek 7 swanger was met my dogter, was daar grooooooot stremming in my huwelik. My baba wou uitklim en die dokter stuur my bed toe. Toe my tranedal bars, het skoonma (ja ek was hulle in die bed), vir my camomile tee gevoer, met die spesialis se toestemming. Ek kan tot vandag toe nog nie weer camomile tee oor my lippe kry nie.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.