Ons het gesē ons gaan nie elke keer by dieselfde plek eet nie, want hier is soveel restaurante in Almaty. Wel … ons is al verkeerd bewys.
Coffee Boom by Dostyk Mall, so twee blokke van ons af, het die lekkerste ontbyt. Dus het ons al meer kere daarheen gestap vir ‘n ontbyt, middag of aandete.
Vanaand is dus nie ‘n uitsondering nie, manlief was lus vir ‘n hamburger. En Coffee Boom se hamburgers is volgens hom lekker.
Oulike kelner, verstaan baie min Engels, maar bring die kos soos ons vra. Gelyk.
Kyk so na die groot foto en raai waarom ons daar so tuis voel.

Die plek het ‘n binne restaurant. Met twee sulke buitegebou wat soos garages lyk wat met glas afgeskort is. En ons lees SA raak … Johannesburg. Kaapstad. Huis in Qazaqstan. So langs my terwyl ek die dag geniet.
Ek het hoender nuggets gevat. En manlief het sy burger gekry.
Daar is ‘n wye verskeidenheid tee, al is die naam koffie verwant. Ek het vandag seedoring (sea buckthorn) met pomelo gekies. Kombinasie om aan gewoond te raak. Want seedoring op sy eie het ‘n suurderige smaak en kan soos vrot kouse ruik. Wat mens half laat asem ophou as jy ‘n slukkie vat.
Maar dit is absoluut die moeite werd. Gepak met Vitamiene C. Sjoe, en ek het nie geweet dit het soveel voordele nie. Bevat blykbaar ook die skaars Omega 7. Kan oral geplant word, dalk moet ek beslis vir my ‘n plant in Suid-Afrika gaan aanskaf. Lees gerus hier oor hierdie bessies. Onthou net, dit is hondsleg op sy eie. Mens sal waarskynlik eerder wil spoeg as sluk. Hier kan ek dit in bevrore pakke koop, soos wat mens groente in SA kan koop.
Hier is ‘n paar voorbeelde van tee beskikbaar by Coffee Boom, ek probeer elke keer ‘n ander een. Volgende keer gaan ek die een met die dennebolle probeer …

Onder in die eerste kolom. Wou die keer.
Toe begewe my moed my. Dennebolletjies in my tee? Hoe gaan dit proe? Daar is net een manier om uit te vind. Kan nie erger as sea buckthorn (seedoring) wees nie …
So terloops, ek begin nou self met sulke tee eksperimenteer. In plaas van die sakkkies met gegeurde tee. Ek en manlief hou baie van die sitrus sakkie tee, met skywe lemoen in die pot. En met so knertsie pomelostroop. Dit is ongelooflik lekker.
Ons hou ook van gemmertee, gemaak met vars gemmerwortel, wat hier oral te koop is. Smaak om aan gewoond te raak, maar o my jitte, dit is ‘n veilige keuse as mens nie van soet tee hou nie.
Wie sou nou kon raai dat mens tee so kan drink …
I can’t wait to join you one day at the coffees shop! I saw it when we were in Almaty and the name grabbed me immediately 😚
LikeLiked by 1 person
I thought it would. Hope to see you soon. Miss you. When are you going to Astana?
LikeLike
Ek is bly dat jy op die tee-ontdekking pad loop – en dat jy dit interessant vind.
LikeLike
Dankie, hier is soveel soorte. Ek is al minder geneig om te koop.
LikeLike
Die beste kuiers is om ‘n bord kos!
LikeLike
Daai is waar hoor. Ek kan nie glo my gaste het Maandagaand 5 ure gekuier nie …
LikeLike
5 ure is ‘n rekord vir Suid-Afrikaners.
LikeLike
Jy vertel my. Ek was vaak …
LikeLike
He-he!
LikeLike
Jy maak my regtig lus om met tee te eksperimenteer.
LikeLike
Hierdie tee is verby lekker. Selfs my man drink nou tee. Oral. Hy kry mos ook koppie as ek tee bestel. Dan sluit hy ete af met tee. Hy gooi suiker in, ek is vies as myne soet by my aankom.
LikeLike