Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …

Ek het al soveel keer vertel hoe moeilik dit is om vleis in Qazaqstan te koop. En dat mens baie keer slegte verrassings kry. Mens kan op die mark mos so tussen tafels vol vleis deurloop. En by elke tafel koop en betaal jy.

En dat mens basies twee snitte kry. Een belaglik groot ronderige een met ‘n been iewers daarin. So groot soos my arms rond voor my uitgestrek. En een wat soos ‘n aanmekaar T-been lyk, maar glad nie is nie. Dit is iewers oor die rug gesny. En taai. Baie taai.

Toe ek die HR-bestuurder, wat my aan die mark bekendgestel het, gevra het hoe maak mens dit gaar, het sy gesê asof dit ‘n simpel vraag is. Jy kook dit vir 6 ure lank. Want sien, die Qazaqs is eintlik kookvleis en maalvleis mense.

Jy kan nie wors koop nie. Jy kan nie vra sny vir my ‘n steak nie. Ja, sommige van die dames agter die toonbank sal vir jou vra: stejik? En iets aanbied wat volgens hulle steak is. Dit is nie sag nie en braai nie lekker nie. Ons het al probeer …

Metro in Almaty en Ust verkoop wel iets wat soos steak lyk in hulle vrieskaste. Bevrore. Dit word blykbaar van iewers ingevoer. Massiewe stukke bevrore vleis. Ek sien nie kans om dit te ontvries en dan te sny en weer te vries nie. Dink nie vleis moet twee keer gevries word nie. En om daardie stukke vleis dan weer in ‘n yskas se klein vriesgedeelte in te kry, gaan ook nie vir my werk nie.

Dus is vleiskoop ‘n probleem.

Wel, Metro hier in Almaty het klein deeltjie binne wat iets amper soos ‘n slaghuis kan wees. Nie regtig een nie. Maar daar is sirloin en ribeye steaks in koelkaste, wat in porsies gesny is. Met Engelse name, hoe lekker is dit nie om te weet wat ek koop nie?

Daar was ook ‘n stuk vleis wat soos ‘n heel Rump steak gelyk het, maar nie heeltemal nie. Toe koop ek dit vir maalvleis. Het sag gelyk. En dit is … as my Victoriknox messie daardeur gly, is dit sag. Die maalvleis is self gemaak, ons het mos maalmasjien gekoop na ‘n skok in Ust’-Kamenogorsk, aka Öskemen.

Daar het ons in die afgeskorte vark afdeling wors ontdek. Ek speel nie, regtig, soos Suid-Afrika s’n. Net in dun velletjies, soos skaapworsies.

Die eerste keer is ons tevrede met die smaak. Die tweede keer vra ek verskillende soorte wat langs mekaar uitegstal lê. Bevrore.

Die man Kaniena my en ek sê ja. Hy lyk nie seker of hy dit vir my moet gee nie. Ken my al ‘n rukkie. Kaniena? vra hy weer. Ek haal foon uit, maak Google Vertaal oop en tik Kaniena in. Perd!

Nee, sê ek, dankie vir die hulp. Geen perd nie asseblief. Hy lag, geweet ek gaan so geskok wees in wat ek bestel. Toe wil ons nie weer wors koop nie. Nee dankie, ons gaan altwee omkap as ons perd eet. Per ongeluk. Doelbewus gaan ons dit nie koop nie.

Toe is ons na Mechta toe. Worsmasjien, baie dankie, maar ons gaan ons eie wors maak. Die derms en speserye moes van Suid-Afrika kom toe ons weer huis toe is. En van daar af maak ons self wors.

Baie lekker, weet presies wat in ons wors in is. Niks anders as vleis en speserye nie. Geen soja nie, slegs bees- en varkvleis. Die inperking het egter veroorsaak dat ek spaarsaam met die speserye moet werk. Ons is al sewe maande hier vasgevang.

En toe ontdek ek na meer as ‘n jaar Saterdag speserye wat kan instaan vir die wors speserye. Want, ons s’n is klaar en van die huis af bestel gaan nie deug nie.

Die Qazaqs is soos ek, hou nie van goed wat brand nie. Dus is die speserye maar vreemd op die tong. Hierdie kom egter baie, baie naby aan BBQ speserye.

En ons het nog baie derms, dit kan nog baie, baie lank hou.

Nou vir die behoefte om Saterdag te gaan vleis koop as daar nog in die vrieskassie is.

Manlief maak my in die nag wakker. Het ek alles vir pasteideeg. Want ek moet nou die deeg maak, dit is mos anders as pizzadeeg, is dit nie? Ek weet nie wat ek alles geantwoord het nie, maar ja, die oggend toe hy wil Metro toe en vra wat ek alles vir die deeg nodig het, onthou ek so wraggies dat die man my vir die vertel van die opdrag wakker gemaak het. Iets soos twee-uur in die nag!

As ek dit sou waag, sou dit een enorme storm afgegee het. Hy sukkel volgens homself om aan die slaap te raak. Nie volgens my nie. Hy lê nog so met die selfoon in die hand, dan hoor ek die asemhaling word snorkerig. En dan is hy weg.

Net so – ek rol rond en om en rond tot ek uiteindelik die regte posisie gekry het. En dan is ek in droomland. Maar, wat ek eintlik wil sê, is dat ek wakker gemaak is om van die behoefte aan vleis te vertel.

Ai, daar dwaal ek weer af … wou net van die vleis vertel. Maar, dit gaan met die rede vir die koop gepaard. Toe moes ek deeg maak vir die cornish pasteitjies, wat hy Maandag vir middagetes wou hê. Selfs die groente vir die vulsel gekoop …

Die man het sowaar ‘n plan bedink so in die middel van die nag. Toe mmoet ek maar maak. Die eerste resep het volgens hom nie so lekker gewerk nie, hy soek ander deeg. Nou sal ek eers resepte moet soek, ek eet nie pastie nie, dus is ek ook nie so seker oor hoe dit moet proe nie …

Hooffoto: Ons selfgemaalde vark en bees, reg vir worsmaak.

6 gedagtes oor “Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …

  1. Die vleis is hier ook maar n storie. Gelukkig gebruik hul nie perde nie. Die snitte hier is eintlik sommer net hompe nie netjiese snitte nie. Ek koop nie meer vleis by supermark nie. Kry in My Foodbag heerlike vars “plaas”vleis. Vark hier is vir my gans te bleek en wors eet ek gladnie. Het probeer maar neewat dit proe en lyk na stukke karton gemens met een of ander iets!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.