Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan bestry – deur die Bybel van voor tot agter te lees. Soos wat ek nog altyd wou.
Lees voort “Ek en my Bybeltoep”Maand: Julie 2020
Ocean Basket in Almaty
Ons het in Maart 2020, net voor die grendeltyd begin het, in Almaty kom toer. Vir ‘n lang naweek. En toe ontdek ons Ocean Basket naby Almaty hotel in ‘n wandellaan. En ja, ons was verras, want is Ocean Basket nie eg Suid-Afrikaans nie? En hier kry ons een in Qazaqstan se hoofstad. Natuurlik moes ons daar gaan eet.
Lees voort “Ocean Basket in Almaty”‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan
Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen.
Lees voort “‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan”Almaty, stad van pragtige sonsondergange
Ons woon op die 14de vloer van ‘n woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie.
Lees voort “Almaty, stad van pragtige sonsondergange”As ‘n Qazaq-paartjie ons twee as voorbeeld van getroudwees sien …
As mens vir my kinders, toe hulle kleiner was, sou vra, sou hulle waarskynlik antwoord dat ek en manlief nie baie gelukkig getroud is nie. Gits, as ek nou so na ons tweetjies kyk, kan ek nie glo dat ons soveel vasgesit het toe hulle nog in die huis was nie. Hy is tog my droomman, die enigste ou waarmee ek wou trou.
Lees voort “As ‘n Qazaq-paartjie ons twee as voorbeeld van getroudwees sien …”Sykouse in Qazaqstan
Nou ja toe! Wie sou kon raai dat mens ‘n inskrywing oor sykouse sal kan maak. Veral ekke, wat dié kledingstukkies maar verdra het toe ek moes.
Lees voort “Sykouse in Qazaqstan”