Almaty, stad van pragtige sonsondergange

Ons woon op die 14de vloer van ‘n woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie.

Ons het ‘n 180 grade uitsig vanuit die stoep by die kamer wat noord kyk, eintlik meer want ek kan teen die ruit staan en verder as 180 grade kyk, ‘n 90 grade uitsig vanuit die sitkamer, ook meer as mens by die vensters wat noord en wes staan en uitkyk. Al die vensters van die woonstel kyk in sowat 270 grade ver oor Almaty uit, met geen hoë gebou wat my uitsig vanuit die sitkamer of slaapkamer versper nie.

Ek sien die son in die oggend in die ooste opkom, net-net buite my gesigsveld. Dan skuif dit oor die afdak van die toegeboude stoepie dat ek daar kan werk en smiddae teen vyf is dit eers op so ‘n hoek in die weste dat dit weer in my stoep/studeerkamer kan inskyn.

Maar ek volg die son die hele middag tot dit ver van hier in die weste gaan slapies – of altans vir ander son gaan bied terwyl ons slaap. Hy gaan eers naby 10 uur saans onder, lui om sy werk aan die ander kant van die aarde te gaan doen.

Hier is ‘n paar van die foto’s so uit my nuwe tuiste.

Son sit laat middag steeds baie hoog, om dan so in die weste te verdwyn.

Dagfoto en sonsondergang.

Reënbuie in die verte wat ons bekruip, ek sien hoe kom dit in vlae nader aan ons tot ons in die wolk self is. En sonsondergang op ‘n minder bewolkte dag.

Son kruip agter wolk weg in die verte. En een van die mooiste sonsondergange wat ek al afgeneem het.

Sonsondergang vanaand, Vrydag 10 Julie 2020, met die reënbuie wat in die verste uitsak. Om die allermooiste skouspel van kleur te lewer.

Dit is nie berge in die verte nie, dit is wolke wat so blou lyk. En dan die oranje van lugweerkaatsings. Die aarde is onder die oranje. Ons kyk, so lyk dit my, tot waar die aarde rond raak. Hierdie foto’s het my laat wonder waarom dit nie seermaak as reën op ons val nie. Kyk net hoe sigbaar val die reën!

As ek dan by die woonstel uitstap, stap ek paar treë na die suidekant toe, van waar ek vanaf ‘n oop stoep die berge kan bewonder. Vanuit die woonstel kan ek die twee punte in die ooste en weste sien, dit lê soos ‘n croissant agter om ons.

Hierdie berge strek tot so iets soos 4 900 m bo seespieël, wat baie hoog is as mens weet dat ons woonstel so 850 m bo seespieël lê. En dit is heelwat hoër as die res van Almaty waaroor ek kan uitkyk.

Ek wens ek kon dit wys soos ek dit sien, die foto’s doen regtig nie die berge ‘n guns nie. Maar kom ek probeer wys. Aan daardie kant van die woonstel het ek ook ‘n 180 grade uitsig, maar twee hoë geboue wat deel van ons kompleks vorm versper elke kant van my uitsig.

Steeds baie mooi. Dus het ek beslis so 300 grade uitsig vanuit hierdie woonstelblok. Daar is steeds sneeu op die hoogste pieke en dit word herfs, die blare van bome word op plekke al geel.

As mens in ag neem dat dit so 35 grade Celsius en meer bedags raak, moet dit baie koud daar bo wees.

Kyk hoe probeer die son sy strale om hierdie wolk sprei. Ek kan my verkyk aan die strale wat so oor die aarde lig maak.

In die tweede foto kan mens die rën weer van ver sien aankom, so vroeg in die oggend. Ek hoop daar bly water vir ons oor. Is die nie pragtig nie?

As die strale so sukkel om om wolke te skyn, verlig dit dele van die stad. En van die wolke, kyk hoe wit is die wolke bokant hierdie wat reën wil gooi.

Die Here belig soms so deur die dag sekere dele van die stad. Soos vanoggend toe die son opkom. Die sementgeboue en wittes staan dan uit teen die res van die omgewing. Almaty is groen, ‘n boomryke stad. Ek wou al soveel keer soortgelyke foto’s van Öskemen deel as dié. Daar het die son dele van die Kazakstanberg so deur die dag verlig. Ek het mis in die Hollywoodagtige berg vasgekyk, het al daaroor geskryf.

Hier word die massiewe bergreeks agter ons ook so verlig. Ky net hoe pragtig. Ek het dit gisteraand afgeneem terwyl ons gery het, met reëndruppels op Dusty se voorruit.

Kapenaars sal seker met my wil stry. Maar Almaty laat my aan die omgewing om Kaapstad dink. Wes-Kaap. Massiewe berge wat Qazaqstan van Krygystan skei. Dit laat my aan Stellenbosch met sy pragtige hoë bome dink en due berge wat mens in die verste sien.

Hier is akkers ook. En eekhorinkies in die park hier onder ons. Sit sommer laag teen die boomstam reg langs die paadjie vir ons so onderste bo en kyk. Geen bang vir hierdie uitlanders nie.Ek sal nog kyk of ek so ‘n fot kan neem, gewoonlik staar ek en die eekhorinkie net na mekaar.

Hooffoto: Wolke oor die hoë berge agter ons woonstel. Ek sien dit nou wel nie vanuit die woonstel nie, maar ek hoef net so 30 treë in die gang af te stap om dit te gaan afneem. Daardie uitsig is baie beperk omdat twee hoë vleuels van ons gebou ‘n soort van tregter maak wat ‘n 180 grade uitsig belemmer.

8 gedagtes oor “Almaty, stad van pragtige sonsondergange

  1. Sjoe! Dit is pragtige foto’s! En wat ‘n wonderlike uitsig. Die berge maak dit baie spesiaal.

    Dit was nou lekker om te sien waarmee word jy omring. Jy is bevoorreg om dit alles te beleef. Mag julle baie gelukkig wees daar. 💙

    On Sun, 12 Jul 2020, 06:01 Dr. Christa van Staden, wrote:

    > Dr Christa van Staden posted: ” Ons woon op die 14de vloer van ‘n > woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen > was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir > hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie. Ons het ‘n 180 grade uitsig” >

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.