Ons woon nou 10 dae langer as ‘n jaar in Öskemen. In die tyd het ek geleer hoe warm dit hier kan wees, maar beslis ook hoe koud dit hier kan wees. Koud is baie erger as warm, ons het al -38ºC beleef. En raai wat, ten spyte van my vrese dat ons in yspilare gaan verander, het ons nie.
Maand: Maart 2020
Papierpoppe is terug!
Ek en die towerinne gesels iewers verlede jaar oor ons kinderdae en toe onthou ons spesifiek hoe lekker ons met papierpoppe gespeel het.
Rit op ‘n “snow mobile”
Ek is nogals so bietjie avonluurlustig. Bietjie. Regtig.
Ek het op ‘n plaas grootgeword en perd gery. Bloots ook. Dit is vir my baie veiliger as ‘n stiebeuel wat kan breek. Soos myne een keer gedoen het.
Om wasmasjien te laat diens in Qazaqstan
Die wasmasjien het besluit sy gaan ook my gebrek aan Russies beproef deur net een wassiklus toe te laat.
Qazaq-kinders: ‘n gemeenskap leer maniere
Ek en manlief sit ons gereeld en verstom oor die manier waarop Qazaq-kinders hulle in restaurante gedra.
Toe val ek sowaar na bykans jaar is Qazaqstan
Ek was so versigtig, regtig. Oë op die grond, klein treetjies. Beide voete nooit in die lug. Een altyd veilig op die grond. Effens vooroorgeboë as ek stap.
Oë soekend na ‘n gladde kol tussen die sneeu op die paadjies. Daar was baie “oe!” oomblikke as een voet gly. Omdat ek steeds staande was.
Gister is ons saam met ons Russiese vriende na ‘n vakansie-oord. Elena het daar aan ‘n brain bar quiz deelgeneem. En Sergei was nie lus om alleen rond te drentel nie.
En toe is ek aan die gesels saam met manlief en ons Russiese vriend. Ingedagte terwyl die twee gesels.
Giggel elke keer geskok as een van die twee gly en balans hou. Bly dat ek kyk waar ek loop. Om my stap almal gly-gly aan.
Ek stap op hulle spoor dat ek kan sien waar dit glad is. En kyk die gladde kol in die koelte langs ‘n kar mis.
Voor ek kon sê “oe” was my voete onder my uit. En die galante Rus dadelik by om my op te help.
Ek verleë, maar self kon ek nie op. En met een hand kon hy nie help want my voete bly gly. Oulik hoe hy ophelp.
Beide my hande in syne. Met ‘n voet wat keer dat ek verder gly. My ego was gekneus, maar die dik jas het gekeer dat ‘n arm of heup vanoggend seer is. En ek het op beide geval.
O ja, die skoon sneeu het ook die verleentheid verberg. Dus het net ons drie geweet dat ek geval het. En wat sê hy?
Nou is ek amptelik in ‘n Rus, ek het my eerste val gehad. Manlief is dus lankal een. Verlede jaar die tyd en so maand gelede ook geval.
Hoe was dit?
Ek het die dag so gevrees, maar ek kan nogal eerlik sê dat die Here engele gestuur het om te help. Die val was sag. Die ego is ook nie te veel gekneus nie.
Inteendeel. Ek het dalk geen keuse gehad nie. Ek sien ons het gister meer as 13 000 treë geloop. Daarmee het ek die noodlot getart!
Ek sal in aparte artikel van die uitstappie self vertel. Het gister wel genoem dat hulle die strooi pop Maslenita daar ook gebrand het. Om winter te verjaag.
Met mooi foto van haar. Die foto bo is van haar gesig.
Dit was ‘n wonderlike Sondaguitstappie.