Aangesien manlief onlangs diabetis ontwikkel het, bak en brou ek nou sonder suiker. Hierdie resep is heerlik soet, maar geen suiker is bygevoeg nie. Vinnig en maklik in my Thermomix gemaak.
Maak ongeveer 20 balletjies.
Bestanddele
- 50g klapperolie
- 225g gemengde okkerneute en amandels
- 320g los dadels
- 100g klapper
- 5g sout
- 5g vaniljedruppels
- ekstra klapper om balletjies in te rol
Metode
- Voeg bestanddele een-vir-een in die TM-houer
- Sit TM-lepel in die deksel
- Kap 3 sekondes teen spoed 5, indien nog fyner verkies, kap nog 10 sekondes teen spoed 5 en indien baie fyn verkies, kap nog 10 sekondes teen spoed 5
- Skep eetlepels vol op jou hand, rol in balletjie en rol in die klapper
- Bêre in yskas en geniet saam met ‘n koppie koffie!