Ek drink nie sommer pille nie. Waarskynlik omdat ek vergeet om dit te drink. Maar, ek het altyd Rescue van Natura in my medisynekassie. En deesdae weer ‘n paar in my handsak in ‘n sakkie.
Tot en met 2005 kon ek enige spanning hanteer wat my kant toe kom. Toe kry ek my droompos by ‘n Afrikaanse stadskool wat gou in ‘n nagmerrie ontaard het. Droompos omdat ek tot toe by Engelse of tweetalige skole aangestel was.
Nagmerrie? Wel …Die leerders was ongeskik, die skoolhoof het nie konsekwent teenoor onderwysers opgetree nie. ‘n Onderwyser was in die moeilikheid as ‘n “dink-ek-is-belangrike” ouer oor die onderwyser kla. En daarvan het ek ten minste een keer per jaar gehad.
Aangesien ek van kwaadgeit huil as ek onregverdig beskuldig word, kon ek nie my saak stel sonder om baie emosioneel te raak nie. En onregverdig was daar beslis die hele tyd teenoor my opgetree.
Ek is byvoorbeeld ingeroep omdat ek volgens ‘n dogter vir haar gesê het dat sy ‘n “Fieta” is. Hierdie taalonderwyseres het die hoof gevra wat dit beteken, want ek ken nie eens die woord nie. Daar is toe aan my verduidelik dat dit ‘n ongeskikte, ongepoetste mens op ‘n lelike manier beskryf. En aanstoot gee. Ek het dit nie gebruik nie.
Maar, geen verskoning, die dogter moes nie om verskoning vra nie. En soos wat onregverdige optredes gebeur het, het ek erge spanning ervaar as die man my inroep. As dit nie was omdat ‘n ouer kla omdat sy kind nie speeltyd gekry het nie, was dit om my met werk te oorlaai.
Sy verskoning? Hy vra my want hy weet ek kan. Moet mens dan opdragte swak uitvoer om nie oorlaai te word nie?
Later wou ek nie meer skoolhou nie.
Ek het my besimpeld gewerk, my man afgeskeep en my siel het skade by die skool gely.
Tydens hierdie baie onaangename drie jaar wat ek wel daar skoolgehou het, het onderwysers my aan belangrike medisynes voorgestel.
Een daarvan is Rescue van Natura.

Glad nie duur nie, kan sommer by Clicks koop. En sonder ‘n voorskrif, waarskynlik omdat dit nie-verslawend is.
Dit het ‘n nuwe wêreld oopgemaak omdat ek twee onder my tong kon sit voor ek na die kantoor toe gaan om my saak te stel. En teen die tyd wat ek oorkant die man gesit het, het ek kalm my saak gestel.
Maar, soos ek reeds geskryf het, wou ek nie meer skool hou nie. Toe ‘n ma my bel en sê dat ek vir haar kind swak punte gee omdat ek nie van haar hou nie, het ek my bedankingsbrief geskryf en die volgende oggend opdie hoof se tafel gaan neersit.
Hy wou dit nie aanvaar nie, het verskeie van my beste vriendinne oortuig om my te probeer oortuig om te bly. En toe dit nie werk nie, het hy my pensioenvorms eers ingestuur toe ek al weg was. Om my so te na te kom.
Ek het my PhD voltooi en so ‘n nuwe rigting in die onderwys ingeslaan. Navorsing.
Tydens een van my navorsingsgeleenthede het ek weer in so ‘n ondraaglike werksverhouding beland, die keer onder ‘n vrou. Ek het die jaar voltooi, met ‘n Rescue of twee onder die tong.
En weereens van ‘n “droompos” weggestap.
In die tyd het ek baie hard gewerk, baie data ingesamel en skryf ek steeds artikels wat gepubliseer words. Tog herinner elkeen my aan die vrou. Daarom skryf ek volgende jaar ‘n laaste artikel oor die navorsing wat ek in die tydperk gedoen het. Vir my eie sielerus.
Tans werk ek vir myself. Ek doen wel vir ‘n universiteit navorsing, maar ek bepaal waar, wanneer, oor wat en hoekom.
Dit is ‘n alleenpad, want ek is nie tussen kollegas waar ons oor navorsing gesels nie. Maar, ek is ook nie tussen kollegas en hoofde met agendas nie.
Soms dink ek dit is jaloesie. Maar, dit kan nie wees nie. Want elkeen van ons is in ‘n spesifieke pos aangestel. En ons kan nie mekaar se werk oorneem nie. Ek wil egter nie daaroor dink nie, dit maak my moeg. Buitendien, ek ervaar die onopgeloste spanning steeds in my lyf as ek net aan die twee hoofde dink.
Ek verkies die pad wat ek tans loop. Ek is die enigste persoon wat verantwoordelik vir my sukses of mislukking is. Daar is nie kollegas wat mens te na kom en jou lewe ondraaglik maak nie.
En met die Here se genade het ek telkemale die gestelde doelwitte bereik. Terwyl ek navorsing doen oor temas waaroor ek graag wil doen.
So het Rescue op my medisyne rak vergete geraak. Tot ons in die kompleks ingetrek het waar ons tans woon. Daarvan sal ek nog vertel, die een deel van die probleem het genadiglik weggetrek. Die ander een word volgende week in ‘n vergadering hanteer.
Ek haat dit om in omstandighede te leef waar ek onregverdig behandel word. Veral as ek as die vark in die verhaal uitgemaak word as ek nie die een is wat probleme veroorsaak nie. Ek dink almal wat my ken weet ek het ‘n ding teen boelies. En sal teen hulle opstaan.
Aangesien konflik vir my ondraaglik is, maar minder as boeliegedrag, sit ek die laaste tyd weer twee Rescues in die oggende en soms ook later in die dag onder my tong. Om te voel hoe die steek weggaan sodat ek rustig kan asemhaal.
Aangesien die pilletjie werk, deel ek my ervaring daarmee graag met julle. Soms is dit nie genoeg om vir die brein te sê om iets te vergeet nie. Of laat ek dit liewer so stel: My brein hou nie op as ek vir haar vertel om op te hou nie. Sy oordink die saak tot vervelens toe.
Daar was ‘n periode toe Rescue druppels of Rescue pilletjies vir my baie belangrik was. Ek stem saam dat hulle baie kan help. Om ‘n onderwyseres te wees is nie maklik nie en vandat ek afgetree het vind ek geen rede om Rescue te gebruik nie 🙂
LikeLiked by 1 person
Anne, ek wens ons onderwysers kon ons saak ordentlik stel. Ek het ook nie, maar ek leef op die oomblik onder geweldige spanning in ons kompleks. Manlief gaan dit volgende week uitsorteer.
LikeLiked by 1 person
Dit is aaklig om onder sulke omstandighede te werk. Ek het ook harde bene gekou onder 2 hoofde van 2 verskillende skole. Op die ou end het ek ook bedank om vrede vir my siel te kry.
LikeLiked by 1 person
Aletta, en dit is juis ons wat ‘n passie vir die onderwys gehad het. Vir my was dit nie ‘n werk nie, dit was my beroep. Hartseer om te weet onder hoeveel spanning onderwysers tans werk.
LikeLike
Dis hartseer dat dit soveel spanning veroorsaak. Ek was baie passievol oor my klasse! Ek help 2 kinders met ekstra klasse en die boeke wat hulle saambring is n ooenbaring van hoe min hulle omgee vir klas gee, dis net n werk, nie n passie nie.
LikeLiked by 1 person
Stem saam met jou, maar onderwysers het nie keuses nie. Hulle moet hope goed doen, en dit is belaglik. Arme kinders.
LikeLike
Dis waar🙄
LikeLiked by 1 person
Ek drink elke dag St John’s Wort, dit werk wonderlik vir my, vat baie spanning weg. Ook natuurlik, ek glo as daar iets is wat jou kan help “cope” waarom dit dan nie kans gee nie.
LikeLiked by 1 person
Enelda, baie dankie! Ek het op rakkie, gaat probeer
LikeLiked by 1 person
Dis ook my rescue remedy.
LikeLiked by 2 people
Ek gaan toets, dit is op my rak.
LikeLiked by 1 person
Hoe voel dit? Moes juis vanmiddag een suig om kalm te word want skoondogter se suster is hier en hul het heerlik gesit en uitgepak oor hoe (ek) opgetree word. My bloed het gekook en ek is nou heeltemaal weer rustig en myself.
LikeLiked by 1 person
Arme vriendin. Sonder jou kon hulle die plek nie bekostig nie.
LikeLike
Netso, maar dit tel blykbaar nie regtig nie.
LikeLiked by 1 person
Ons ken ons rescue pillietjies. werk soos ‘n bom, wanneer dit nodig is!
LikeLiked by 1 person
My rescue remedy het ek leer ken deur my eerste vriendin wat ek hier ontmoet het. Ales te wyte aan my liewe skoondogter toe nog partner gewees. Ek het ook rillings as ek dink aan sekere hoofde wat regtig onregverdiglik mens beskuldig.
LikeLiked by 1 person
En nooit jammer nie, hulle gaan net aan en aan tot die beste onderwysers loop.
LikeLike
Netso. Toe ek uit onderwys bedank het of te wel op vroëe pensioen gegaan het om ‘n jong “meisie” kans te gee om in my pos te kom toe daar afgeskaal is. My hoof se woorde was- hy’t nooit geweet of agtergekom dat ek deur sulke diep waters gegaan het en steed my werk puik gedoen het. Plaas hy dit in ‘n verslag vir my geskryf het. Nous ek sommer sinies, jammer hoor.
LikeLiked by 1 person
Vriendin, presies net so. Dit is so hartseer.
LikeLike
Nog steeds vir my ook baie hartseer omdat soos jy sê die werklike onderwysers word deur sulke ouens uit die onderwys gedryf.
LikeLiked by 1 person
Rescue werk baie goed vir my. Ek het ook St John’s wort gedrink, maar dit neem langer om te werk. So ek drink die St John’s in die oggend saam met my vitamiene en Rescue wanneer dit nodig raak
LikeLiked by 1 person
Ek is so bly dit help, vriendin. Soms is onder;iggende spanning ‘n groot ptobleem wat veroorsaak dat mens se brein nie afskakel nie.
LikeLiked by 1 person