Ek en die towerinne gesels iewers verlede jaar oor ons kinderdae en toe onthou ons spesifiek hoe lekker ons met papierpoppe gespeel het.
En dink ons verlangend terug na die dae van papierpopspeel. Ek verbeel my my gedagtes het in daardie rigting koers gekry toe ek die boek Die Blou van Onthou geluister het en daarop kommentaar gelewer het.
Wel, twee weke gelede sit ek en Mia en gesels oor die kleuterskool se manier waarop hulle oor Vrouedag sou vier.
Groot konsert op 4 Maart en die dogtertjies moet formeel aantrek vir die konsert. En hulle moet geskenkies kry.
Terwyl ek en Mia gesels, gesels die mammas op die mammagroepie oor geskenke wat vir die dogtertjies gekoop kan word.
En die mammas deel foto’s van die geskenke. Mia kyk verras op en sê dat sy van die een hou. En raai wat is dit?
Papierpoppe!
Ek sê toe dit is baie oulik en dat dit nou snaaks is. Want dit bewys net weereens wat ek al geskryf het.
Dat Qazaqstan, maar veral Öskemen, 50 jaar agter die tyd is. Wat sommige goed betref.
Want sien, ek het met papierpoppe grootgeword. Bykans 50 jaar gelede.
My dogter het nie. Ek was amper seker daarvan. Want as sy het, sou ek lekker saamgespeel het. En dit kan ek nie onthou nie.
En ek verbeel my so al Marieta van der Vyfer het ook nostalgies oor papierpoppe geraak. Dus is dit dalk nie my verbeelding nie.
Ewenwel, Mia is toe verras.
Nee, sê sy, sy het ook met papierpoppe groot geword. Hulle het stensels gehad vir die poppe sowel as die klere en dan het hulle dit uitgesny en self die klere ingekleur.
My dogter sê sy kan onthou dat sy papierpoppe gehad het. Dus het ek ‘n gaping in die geheue.
Ek onthou dat daar poppe in tydskrifte was. Toe ek klein was. Dan moes ons knip en self die karton agteraan vasplak. Vir ons poppe om te kan staan en nie te skeur nie.
Mia sê ook dat papierpoppe nou wêreldwyd groot sensasie is.
Kan jy nou meer …
Papierpoppe!
Foto: skermskoot van ‘n voorbeeld wat die mammas hier moes kies. Oulik, is dit nie?
Oeeeeeee!!! Papierpoppe!!! Hulle was ń belangrike deel van my grootword jare.
LikeLike
Myne ook Una, en die hartseer as ‘n kleinsus dit onherstelbaar buig was vreeslik erf
LikeLike
😉❤
LikeLike
My baba sus en ek het ure lank met ons papierpoppe gespeel. Later het ons eie papierpoppe geteken en dan skeppings vir hulle ontwerp.
LikeLike
Ons ook! En was dit nie lekker nie!
LikeLike
Ek het ook met papierpoppe gespeel! Dit was ure se pret en baie trane as sy of die rokke geskeur het.
LikeLike
Ek ken daai Petro, en ek het vier sussies gehad. Kans vir skeur was soveel groter as die kleintjies wou saamspeel.
LikeLike
Ek en my sus het ure lank papier pop gespeel!! My ma het naaldwerk gedoen en het n groot dik modeboek gehad. Van die soort waaruit jy patrone kies. Ons het ons poppe se klere daaruit afgetrek… ek dink ek moet vir my kleindogters koop…
Ag dankie vd lekker onthou
LikeLike
Ek dink ook dit is ‘n goeie idee. Oe, dit was lekker speel. Met die randjies omvou en dan skeur dit as mens te diep gesny het. Dankie Bondels
LikeLike
🤗
LikeLike
Het self ook heerlik met papierpoppe gespeel. Hoop regtig dat ek nog vir my kleindogter ‘n boekie sal kan koop voordat sy te “groot” is daarvoor!
LikeLike
Ek sien jy kan nou oral op die intenet template van papierpoppe, hulle klere en bykomstighede aflaai en druk. In my kinderdae het ons sommer klere gesny uit die katalogusse wat vrouens daardie jare gebruik het om klere per pos te bestel.
LikeLike
Ag lekker, my ma het dit nie toegelaat nie. Kan nie onthounwat ons gedoen het nie. Voel of die poppe agterop papbokse was?
LikeLiked by 1 person
Dit sal ek nie onthou nie. Ons span (ons was redelik baie kinders) het op mieliepap en hawermout grootgeword 🤣 ek eet tot vandag toe nog nie breakfast cerials nie.
LikeLike
Ons het ook daarop grootgeword, en ons hou ook steeds nie van die ontbytkos in bokse nie, maar ons kon my ma oortuig om ‘n soort te koop as ons die pop wou uitsny. Ek gaan egter nou eers moet opsoek en navraag doen, dalk was dit net die skulpie-prentjies wat ons so versamel het.
LikeLike
Jy laat my nou dink aan my kinders wat almal nou weier om polony te eet, want hulle het genoeg in die huis gekry 😁😁😁 Hulle lyk almal vir my heel gesond!!!
LikeLiked by 1 person
En my kinders weier om konfyt te eet.
LikeLiked by 1 person
Myne ook …
LikeLiked by 1 person
‘n Lekker herinnering.
LikeLike
Was vir my ook
LikeLike
Dit was die lekkerste speel. Om self te ontwerp was vet pret. Ek dink ek het my papierpoppe meer geniet as regte poppe.
LikeLike