Papierpoppe is terug!

Ek en die towerinne gesels iewers verlede jaar oor ons kinderdae en toe onthou ons spesifiek hoe lekker ons met papierpoppe gespeel het.

En dink ons verlangend terug na die dae van papierpopspeel. Ek verbeel my my gedagtes het in daardie rigting koers gekry toe ek die boek Die Blou van Onthou geluister het en daarop kommentaar gelewer het.

Wel, twee weke gelede sit ek en Mia en gesels oor die kleuterskool se manier waarop hulle oor Vrouedag sou vier.

Groot konsert op 4 Maart en die dogtertjies moet formeel aantrek vir die konsert. En hulle moet geskenkies kry.

Terwyl ek en Mia gesels, gesels die mammas op die mammagroepie oor geskenke wat vir die dogtertjies gekoop kan word.

En die mammas deel foto’s van die geskenke. Mia kyk verras op en sê dat sy van die een hou. En raai wat is dit?

Papierpoppe!

Ek sê toe dit is baie oulik en dat dit nou snaaks is. Want dit bewys net weereens wat ek al geskryf het.

Dat Qazaqstan, maar veral Öskemen, 50 jaar agter die tyd is. Wat sommige goed betref.

Want sien, ek het met papierpoppe grootgeword. Bykans 50 jaar gelede.

My dogter het nie. Ek was amper seker daarvan. Want as sy het, sou ek lekker saamgespeel het. En dit kan ek nie onthou nie.

En ek verbeel my so al Marieta van der Vyfer het ook nostalgies oor papierpoppe geraak. Dus is dit dalk nie my verbeelding nie.

Ewenwel, Mia is toe verras.

Nee, sê sy, sy het ook met papierpoppe groot geword. Hulle het stensels gehad vir die poppe sowel as die klere en dan het hulle dit uitgesny en self die klere ingekleur.

My dogter sê sy kan onthou dat sy papierpoppe gehad het. Dus het ek ‘n gaping in die geheue.

Ek onthou dat daar poppe in tydskrifte was. Toe ek klein was. Dan moes ons knip en self die karton agteraan vasplak. Vir ons poppe om te kan staan en nie te skeur nie.

Mia sê ook dat papierpoppe nou wêreldwyd groot sensasie is.

Kan jy nou meer …

Papierpoppe!

Foto: skermskoot van ‘n voorbeeld wat die mammas hier moes kies. Oulik, is dit nie?

21 gedagtes oor “Papierpoppe is terug!

  1. Ek en my sus het ure lank papier pop gespeel!! My ma het naaldwerk gedoen en het n groot dik modeboek gehad. Van die soort waaruit jy patrone kies. Ons het ons poppe se klere daaruit afgetrek… ek dink ek moet vir my kleindogters koop…
    Ag dankie vd lekker onthou

    Like

  2. Ek sien jy kan nou oral op die intenet template van papierpoppe, hulle klere en bykomstighede aflaai en druk. In my kinderdae het ons sommer klere gesny uit die katalogusse wat vrouens daardie jare gebruik het om klere per pos te bestel.

    Like

        1. Ons het ook daarop grootgeword, en ons hou ook steeds nie van die ontbytkos in bokse nie, maar ons kon my ma oortuig om ‘n soort te koop as ons die pop wou uitsny. Ek gaan egter nou eers moet opsoek en navraag doen, dalk was dit net die skulpie-prentjies wat ons so versamel het.

          Like

Laat 'n boodskap na Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.