Jy het seker gewonder waarom ek nie oor ons dik laag sneeu geskryf het nie? En so stil is. Laat ek dan maar vertel.
In Januarie 2019 is ons na Qazaqstan. Om aan die bas te voel of ons in sulke uiterste temperatuur kan oorleef. Toe was dit -38 grade Celsius.
Ek was doodbekommerd dat mens nie sal oorleef nie. Frostbite in die vingers en tone sal kry. As dit nie warm gehou word nie.
Toe is daar vir my gelag, mens moet ure in wind en weer wees om wel bevrore vingers te kry. En dit sou ons mos nie wees nie.
Dit het verlede week Maandag en Dinsdag gesneeu en die wêreld was in ‘n wit kombers toegemaak. Wanneer dit sneeu, is dit warm.
Daarna is dit baie koud. Woensdagoggend was dit -31 grade Celsius. En ek het op my Facebook geskryf dat ek in die nes gaan bly. Nie gaan uitgaan nie. Bietjie later was dit nog -28 grade Celsius.

Daardie tekentjie by now sê ysige wind.
Toe druk die nood. Manlief kom middagetes huis toe. En die botter is op. Dus het ek al die nodige lae aangetrek. Handskoene, mus, alles.
En gestap om melk by Miken te koop. Dit was ysig. Ek het soos al die ander mense my ken in die kraag van my jas gedruk. Soos natgereënde hoender. En verby die mooiste prente gestap. Wat gekiek moes word.
Maar my foon was tuis!
Dus het ek gou die botter neergesit, foon gevat en afgegaan om ‘n paar foto’s te neem.
Presies vier minute tussen die eerste en die laaste van ses foto’s. Met my hande in my handskoene tussenin.
Hierdie man moes gekiek word. Hy het met die spesiale besempie sy kar skoongevee. Kyk net hoe dik lê die sneeu. Ons het 20 cm sneeu gekry.

Kyk ook hoe diep die sneeu om die wiele lê. Dit is verbasend hoe die sneeu so aan die ruite vasklou. Om soos ysige kombers oor kar te lê.

Dit is een van die redes waarom bykans elke kar sitplekoortreksels het. Mens kan net dink hoe koud die leer is. Nog ‘n foto van ‘n gesneeude kar.

Die kersbome het aansienlik meer sneeu opgehad.

En die ou klein enetjie se takke het swaar gebuig onder sy vrag.

Die sneeu het homself oor die trappe gedrapeer. Die hoogte verskil tussen trappies probeer uitwis.

Toe ek deur die tonnel na die voorkant van die gebou gegaan het, was dit baie koud. Maar ek het deurgedruk om die foto te neem van die man wat die sneeu wegvee.

Toe ek die foto neem, het ‘n windvlaag die sneeu opgeswiep. En my hande was binne ‘n sekonde yskoud. Donkerrooi koud.
Toe stap ek vinnig terug huis toe. Maar stop eers om dié foto te neem. Van die kabouterkappies op die bessies

Kyk ook net al die sneeu om die wiele.

Toe ek in die huis kom, was my vingers baie rooi en baie seer.
Ses foto’s geneem. Net ses keer my hande uit handskoene gehaal om vinnig te kiek. Ek kon die foto’s neem toe dit warmer was. Hierdie foto’s kon my vingers kos. Daarvan sal ek later vertel, die skrik lê nog te vlak om daaroor te skryf. Dit kos minder as 4 minute in -28 grade Celsius omstandighede om gevoelige skade te veroorsaak.
Die whiners van Whineberg sal nooit, ooit weer ophou kla as dit net vir ‘n minuut so koud was hier nie. Ek woon mos in Klaastad. Van my sonnige strand af lyk julle plek soos ‘n feetjieparadys. Friesland II.
LikeLike
Sê jou, feëtjies het hare op hulle hande nodig by ons.
LikeLike
Die arme goed sal vergaan van skrik
LikeLike
Hulle sal
LikeLike
Een vraag: met so baie ys, waar kry julle genoeg whiskey?? (Grappie, ekself is min of meer totaal knertsvry.)
LikeLike
Hulle is mos Vodkamense en die lyk my drink jy so uit die bottel en skoon
LikeLike
😱
LikeLike
Dis die allerpragtigste foto’s, veral die een van die bessies met hulle sneeukappietjies. Maar ek kan dink jy het geskrik!
LikeLiked by 1 person
Dankie, tannie Frannie, ek het my siek geskrik
LikeLiked by 1 person
Dis pragtige fotos, Christa, maar jou arme vingers!
LikeLike
Dankie Una, hulle is steeds baie gevoelig.
LikeLike
Die fotos is mooi… lyk sprokiesagtig. Kan dink jy het geskrik.
LikeLike
Dankie Kameel, dit is hoor. Sprokiesagtig. Dodelik!
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Ek is nou eintlik geskok. Ek is so bly jy was betyds terug. En dat die skade nie groot is nie. Dankie dat jy die pragtige foto’s wel geneem het sodat ons kan sien.
LikeLike
Dankie Toortsie
LikeLiked by 1 person
Ai toggie, Hoop jou vingers is gou beter. Is daardie bessies eetbaar?
LikeLike
Ek weet nie, ek dink is vir die voëltjies
LikeLike
Dankie Dromer, hulle is een dag beter en pyn die volgende dag
LikeLike
Dit is wonderskoo mooi.. dankie vir die waagstuk om dit met ons te deel, jy is dierbaar. Hoop jy voel vinnig beter. Dis dalk scary ervaring gewees maar dink net wat sou jy gemis het as jy dit nie gewaag het…
LikeLike
Dankie Bondels, dit was. Twee weke later is my vingers steeds gevoelig. Sommige dae meer as ander. Ek sal dit nie weer waag nie. Maar ek sal wel plan maak om foto’s te neem sonder om my vingers te benadeel
LikeLike
Ek is jammer jou vingers is seer. Maar dis wonderlik dat jy overcome en nie terug deins maar oplossing soek. Dit is die goeie stofasie waaruit die Almagtige jou gemaak het. Ek is so trots op jou❣
LikeLike
Dankie Bondels, ek het myself lekker jammer gekry.
LikeLike
Ek kan dink, ek sou seker ook. Maar gelukkig het jy nie in selfbejammering gaan sit en daar gebly nie. Jy is so spesiaal
LikeLike
Dankie Bondels, as ek alleen was, sou ek dalk. Maar mens se gesin help nogal om jou te laat besef daar is nie rede om aan te gaan. Ek sou nogal wou sit en selfbejammer.
LikeLike
Jy sou nie daar gebly het nie Christa. Jy sou dalk ‘n rukkie daar gekuier het maar dan sou jy opgestaan het en aangestap het. Die vyand wil hê jy moet glo dat jy swak is. Maar in Christus is jy sterk omdat jy aan Hom vashou sou jy opgestaan het. Wees genadig vir jouself
LikeLike
Dankie Bondels, kry myself net bietjie jammer
LikeLike
Christa, ek het toevallig gister ‘n video gesien van 5 minute hacks. Hulle werk “conductive” garing op die vingerpunt van die handskoen wat jy dan kan gebruik om jou foto te neem en die handskoen aan te hou, ek sal kyk of ek die link kan kry
LikeLike
Asseblief Positief, ek gaan plan moet maak. Anders gaan ek sukkel
LikeLiked by 1 person
Het op towerinne die link gepos
LikeLike
Dankie, ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person