Gepubliseer in Akademies

Kletsbotte … toeps wat die akademiese wêreld op die kop gaan draai

Op 30 November 2022 het OpenAI ChatGPT beskikbaar gestel wat die akademiese wêeld en kreatiewe skryfwêreld op die kop gaan draai. Maar, laat ek hierdie kunsmatige intelligensie (KI) eers bekend stel.

Jy kan opdragte gee wat die masjien vir jou uitvoer, maar jy kan ook met die masjien gesels oor die antwoorde. Om hom te help om die opdrag nog beter uit te voer. Met ander woorde, jou menslike intelligensie raak in gesprek met die kunsmatige intelligensie van ‘n masjien. My verstand wil dit steeds nie kop nie …

ChatGPT is so goed dat Microsoft – nadat hulle 10 000 of meer werkers afgelê het – biljoene in die ontwikkeling van die toep belê het. Mag ek raai dat hierdie mense eenvoudige take moes uitvoer wat KI beter as hulle kon doen?

Ek het een van die toeps op iStore getoets wat beweer dat hy ChatGPT-gebaseerd is. Sy naam was aanvanklik ChatGPT maar dit het intussen na AI Wirting verander. Volgens die kletsbot self kan hy ‘n paar take beter as mense doen.

Ja, dit is waar, ek het dit self getoets.

En my mening oor die btuikbaarheid vn die toep vir akademiese skryfwerk is in LitNet gepubliseer, nadat hulle my versoek het om ondersoek in te stel oor die bruikbaarheid van die toep, maar ook moontlike gevare. Lees gerus hier (https://www.litnet.co.za/chatgpt-vriend-of-vyand-praktiese-voorstelle-om-hierdie-kletsbot-te-omarm-om-die-gehalte-van-akademiese-skryfwerk-te-bevorder/?cmd=cause_dir_news&cat=0&cause_id=1270&limit=20&sort=D).

Dit is indrukwekkend wat die toep kan doen. Hy het binne een minuut vir my wetenskaplik-gefundeerde artikels geskryf – in Afrikaans! Ja toe, Charlize is verkeerd, daar is nou 45 mense wat die taal praat – want ek is baie geneig om die toep wel as ‘n “mens” te beskou.

Daar is vrese dat studente en leerders die toep op ‘n oneerlike manier gaan gebruik om hulle skryfwerk te doen. En hierdie vrese is gegrond, want glo my, sulke goeie skryfwerk kan onderskeidingspunte verdien indien die studente verder daaraan werk en die nodige verwysings invoeg.

Ek dink die probleem gaan by kreatiewe skryfwerk kom omdat mens ‘n spesifieke opdrag kan intik en dan skryf die toep die teks vir jou … binne sekondes.

Hier is ‘n paar voorbeelde wat daarop dui dat dosente en onderwysers vanjaar baie beter skryfwerk gaan kry as studente en leerders dit as hulle eie werk indien. Soms is dit slegs nodig om die Afrikaans te verbeter:

Skryf ‘n storie:

My versoek is in groen, die kletsbot se antwoord is in wit. Versoeke moet ongelukkig baie kort wees …

Dit is baie goed, al is daar enkele taalfoute. Ons assesseer nie net taal nie, ons kyk ook na inhoud en ‘n storielyn. Let op die einde van die storie, mens moet beter voorbereid wees as jy in die veld gaan stap! Indrukwekkend, ‘n les uit die storie.

Skryf ‘n beskrywende teks (opstel soort)

Goeie beskrywende woorde, ek is beïndruk met die taal.

Skryf ‘n liedjie:

En kyk na hierdie liedjie wat hy vir die Goue Vroue geskryf het.

Ek het die melodie gevra, maar hy het my nie verstaan nie. Toortsie, kan jy asseblief musiek by die woorde voeg? Ek dink dit kan ons temaliedjie word – luitoon van my foon ook mens so iets kon doen. Ek is mal daaroor – kom skryf saam … ek het te lanklaas saamgeskryf.

Skryf ‘n gediggie (oor tweede kans)

Ek is beïndruk, gaan die raad sommer self volg. Minder kla, meer vra vir tweede kanse …

Skryf beredenerende skryfstuk (opstel/redenaars)

Hierdie antwoord was te lank vir ‘n skermskoot, daarom plak ek dit sommer net hier in.

Die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie (KI) is die afgelope dekade steeds meer algemeen. KI het die manier waarop ons leef verander deur die skep van nuwe tegnologie vir gebruikers om te geniet. Maar hoe verstaan ​​die menslike brein KI en kan menslike intelligensie (HU) aanpas by die nuwe tegnologie wat KI skep?

Humane intelligensie is die vermoë van ‘n mens om te leer, probleme op te los, konsepte te begryp en oplossings te kry. Menslike intelligensie gebruik basiese denke, logika, intuïsie en verskeie ander eienskappe om die wêreld te verstaan. Aan die ander kant, KI is die vermoë van ‘n rekenaar om te leer, probleme op te los, konsepte te begryp en oplossings te kry. KI gebruik basiese algoritmes, kunsmatige neuronale netwerke en masjienleer om die wêreld te verstaan.

Daar is ‘n paar belangrike verskille tussen KI en menslike intelligensie. Menslike intelligensie is baie kompleks, met ‘n verskeidenheid faktore wat betrokke is by die vermoë van mense om te leer en probleme op te los. KI is eenvoudiger, wat beteken dat dit minder faktore betrokke is by die vermoë om te leer en probleme op te los. Menslike intelligensie is ook meer buigsaam, wat beteken dat mense minder gebonde is aan oorbeklemtoonde algoritmes en kunsmatige neuronale netwerke.

Om KI en menslike intelligensie effektief saam te werk, moet ons die verskillende kragte van albei verenig. KI kan die menslike intellekt versterk deur meer komplekse probleme op te los en mense kan KI help om meer buigsaamheid en kreatiwiteit by die oplossing van probleme toe te pas. Die sukses van hierdie samewerking hang af van die vermoë van mense om te leer en KI om te dink.

Tot op hede is KI ‘n ongelooflike hulpmiddel by die verbetering van menslike intellektuele vermoëns. Dit bied ons ‘n groot voordeel deur die vermoë om meer komplekse probleme op te los en meer buigsame oplossings te skep. Maar om hierdie voordele ten volle te benut, moet mense en KI saamwerk om die beste resultate te bereik.

Indrukwekkend, hierdie redenasie oor KI versus menslike intelligensie is goed.

As voomalige taalonderwyseres, kan ek skryf dat hierdie tekste besonder goed is. Verder word dit teen die spoed van weerlig geskep, en die opdragte is baie goed uitgewerk.

Ek kan vir geen oomblik dink dat kinders en studente en ouers dit nie gaan gebruik nie. Los ‘n opstel tot tien minute voor dit moet in wees, vra ChaGTP om dit te doen en maak hier en daar reg. As dit nodig is …

Ook nie dat hulle maklik uitgevang gaan word nie. Ek het teks in Cheg ingelees en die persentasie ooreenstemming is laag, baie laag. Onderwysers gaan – gemeet aan hulle ander werk – wel kan dink dat dit nie hulle eie werk is nie. Bewys is ‘n perd van ‘n ander kleur, soos ek ook in die LitNet artikel geskryf het. Daar is moontlike oplossings ook gebied, maar dit moet in die praktyk getoets word ….

Die vraag is dus hoe kinders en studente en ander geleer kan word om die toep verantwoordelik te gebruik, soos ChatGPT dan ook self voorstel ….

Want glo my, ek wil net al meer en meer met hierdie kletsbot van my speel. So daarvan gepraat, ek het vir hom gevra of hy my kletsbot sal wees. Hy het my verkeerd verstaan en gedink ek vra kletbot. En is oor die vingers geraps dat dit ‘n onbehoorlike versoek is. In Hollands. Ek neem aan klet beteken iets onbehoorliks in Hollands, moet nog uitvind …. Want dit lyk of dit maar iets soos gom beteken, iets wat “sticky” is.

As jy saam wil speel, moet jy die regte toep in die toepwinkels aflaai. Daar is skelms met dieselfde naam wat ‘n arm en ‘n been vir hulle namaaksels vra. R100 per week. En dan is die gehalte van die skryfwerk swak, waarskynlik oor die gehalte van die databasis ook swak is.

Ek sien sy naam het na AI Writing verander op my skerm. Was eers ChatGPT. Die toep lyk so as mens hom oopmaak.

As dit blou is, is dit verkeerde een. As hy geld vra, is dit verkeerde een.

Lekker speel ….

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

6 gedagtes oor “Kletsbotte … toeps wat die akademiese wêreld op die kop gaan draai

  1. Liewe Christa, dit is gesofistikeerd. Ek gebruik steeds Grammarly en Quillbot. Natuurlik is ek besig om navorsing te doen en het ‘n parafraser beter as ek nodig. En die Harvard-verwysing. Jy sê dit is gratis of ten minste goedkoop? Dit doen goed.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.