Ek hou van skoene, baie. Dalk te veel. Ek sal nie maklik ‘n arm en ‘n been vir ‘n rok betaal nie, maar ‘n mooi skoen trek my soos ‘n magneet.
Seker maar omdat ek dit nie self kan maak nie. En dit is waarby ek wil uitkom. Hier gaan dit nie oor mooi nie. Hier gaan dit oor prakties.
Dit is herfs, en herfs is soos RSA winter. Koud. Daal tot naby zero in die nag. Kan tot 24 grade Celsius styg in die dag.
Maar, as die son haar kop agter die wolke wegsteek, is dit koud. Weet mens dat ons op pad na winter is. Oor ‘n maand kan die sneeu begin val.
En dan het ons warm skoene nodig. Nie speelgoed nie. Warm skoene.
Saterdag het manlief vir ons elkeen ‘n paar stewels gekoop. Oor myne is ek ingelig dat geen dier doodgemaak is om dit te maak nie. Dus is dit a) nie regte leer nie en b) die skaapwol wys sy met haar vingers vir my, is afgeskeer en nie op die vel van ‘n dooie dier nie.
Ek weet nie of my skoene warm gaan wees nie. Ek weet net dat dit waterdig is. En daai een is noodsaaklik hier.
Die etiket sê die skoene laat jou voete asemhaal. Daai een laat my benoud. Dit gaan koue asem wees wat inkom. Voordeel is dat ek dié paar skoene groot deel van die jaar sal kan dra. As dit nie winterwarm is nie.
So loop ek vandag in ander winkel rond. En sien die drie pare tekkies. Deel dit sommer vir almal wat wonder oor skoene hier.
Dit is nie vir my mooi nie, maar as dit warm is, mag ek dalk met een van hulle volgende keer uit die winkel stap.

Kyk net hoe vol warm goed is die skoene. Ek het nie gekyk waarvan dit gemaak is nie.
Ek het nie aangepas nie, my brein wil nog nie my voete in daardie skoene sit nie. Dit is snoesig warm binne. Redelik lelik na my smaak buite. Maar ek skat mens se voete gaan dalk warm kry. Met so dik sool tussen hulle en die gevrieste grond.

Ek dink ek het al iewers geskryf die mense hier hou van geskryf op skoene en klere. Het ek? Is dit mode in RSA ook? Ek dink die laaste paar sal nie my aandag hou nie.
O ja, hulle hou van bling op die skoene ook. Maar daai het ek Junie in die SA ook raakgeloop. Dus is dit moontlik dat die geskryf ook mode is?
Selfs ons kort mannetjies, sal ontslae wees van ons sindroom, met daardie dik sole.
LikeLike
Lag ek nou lekker. Hier soek ek voete na aan die aarde om te keer dat ek gly.
LikeLike
Ja nee…met daai dik sole sal geen koue ooit sy trek opwaarts maak nie
LikeLike
Ek skat so, maar ek dink ek gaan ‘n enkel daarmee kan breek …
LikeLike
Ek het ook eerste aan die skeef trap gedink, veral op ys!
LikeLike
Dink mens sal enkels en ‘n nek breek …
LikeLike
My personal opinion… those takkies look awful! I’m sure you can be warm and still be stylish 😉
LikeLike
Seker nê!
LikeLike