Jacobs, melk, bacon en gedroogde groente …

Ons stad is ver van die ou hoofstad (Almaty, so 1000 km suid) en die nuwe hoofstad (Nur-Sultan so 1000 km wes) geleë. Tussenin is een of twee groot dorpe en baie, baie gehuggies. Laat mens aan Mosambiek dink.

Dus kom nuwe goed stadig by ons uit. Tog het ek en manlief vandeesweek vier produkte in drie winkels in Öskemen raakgeloop. Wat ons skoon opgewonde het.

Die eerste produk is Green milk, by Gastronom raakgeloop. Dit is ‘n oulike klein winkeltjie oorkant die straat, so blok van ons af. Dit is plaasvervanger vir melk, word blykbaar van graan gemaak.

Daar is vier soorte, naamlik sjokolade, piesang, kokosneut en amandel. Ek het die sjokolade en piesang nie vertrou nie, maar die kokosneut is eerste gekoop. Dit moet binne vier dae opgedrink word.

En dit heerlik gevind. As ek die koffie baie, baie flou maak. Dit lyk soos afgeroomde melk. Skoon blou van dungeid.

Vanoggend het ons die kokosneut en amandel gekoop.

En toe moet ek dit in koffie proe. Maar laat ek eers van die koffie vertel.

Die tweede produk, naamlik nuwe soorte Jacobs koffie, het ons in Arzan raakgeloop.

Hulle begin nou koffie drink. En ek het al die gewone Jacobs en Jacobs gold hier gesien. Vandag het ek drie nuwes ontdek.

Americano en Cappuccino en Laté. Ek het net die Americano gekoop. Sal eers moet uitvind of daar laktose in die ander twee is.

En nou moet ek weet! Kry mens dit in Suid-Afrika? Of is dit uniek hier? Dit is baie nuut!

Tuis moes ek die amandel green milk met die Americano probeer. Nie Ngoeie keuse nie. Die amandel vat totaal oor, kon geen Americano proe nie. Selfs nadat ek vol teelepel ingegooi het.

Nou het ek weer gemaak, die keer met die kokosneut melk in. Heerlik. Proe die kokosneutsmaak effens. Maar heerlik. Sal die amandel maar vir ontbytpap los …

Die derde produk is gedroogde groente. By die speserye. Proe nie na iets nie, vermoed dit is om sop en souse te maak.

Ek het die gemengde rissies , gemengde groente en selery gekoop.

Die selery laat my so effens bekommerd raak dat mense kan dink dat ek dagga in my kombuiskas het. As gedroogde dagga so sou lyk?

Die pakkies het meer die gewone teelepel vol in. Lyk nogal lekker, moet besluit hoe dit in kos gaan inkom, want die woorde op die pakkies kan ek nie lees nie.

Is dit ook in SA? Dit is dalk daar, ek het dit dalk nog nooit gesien nie. Eers geweet wat ek gekoop het toe ek die pakkies oopsny.

Ek is opgewonde oor die koffies, die Qazaqs kry nou eers koffie op die rakke. Hulle is teedrinkers. Hier is die lekkerste tee beskikbaar, elke geur waaraan mens kan dink.

En meer.

As jy nie mooi kyk as jy bestel nie, is daar alkohol in die tee. Ek het op die harde manier geleer. Nou maak ek seker dit is virgin tee! Anders sal manlief dronk in die strate loop na sy bier en my gedokterde tee.

Noudat ek Green Milk ontdek het, kan ek weer koffie drink. Kokosneut en amandelgeur moet maar verdra word. Ek kan darem nou weer koffie drink.

Die feit dat dit binne vier dae gedrink moet word, maak dit soveel makliker om meer as een koppie te regverdig. Die melk moet nie vrot word nie.

Die lekkerste vir laaste. Bacon! Ontdek in Kolos! Kolos is amper soos ‘n plattelandse Spar.

Hier is bacon. Maar dit is snaaks. So in ‘n blok, amper soos ‘n klein ham. Dan sny mens self.

Omdat ek nie dun kan sny nie, sny ek maar blokke. Maar dit proe nie soos bacon nie.

Ek staan nog so lekker en speserye uitsoek toe manlief my oor die toonbank roep met: Kom kyk wat het ek gekry!

Ek wou nog vies word, hy kan mos sien ek sukkel met die Russies op die speserye!

Toe ek daar kom, sien ek wat in sy hand is. Regte bacon. Ons is so opgewonde soos kinders.

Beveel sommer dadelik aan dat hy meer moet koop. Maar daar was net een pakkie!

Moenie verbaas wees nie, hulle ken dit nie. Het nie Wimpy nie. Ken nie bacon en eiers nie.

So wat kan mens hier vir ontbyt bestel?

Slaai! Rys met groente (my gunsteling). Vrugte. Gevulde pannekoekies wat in waaier vorm gevou word. Geen kaneelsuiker, moet hulle nog daarvan leer.

‘n Tipe van weense worsie. Gekookte eiers. Roereiers. Omelet. Geroosterde broodjie.

En sop …

15 comments

      1. Dis lekker leesstof…ek kan die amandel…en kokosneut sommer proe as ek lees…
        Dit klink na ñ fantastiese avontuur…en die lekkerste daarvan is julle kan dit saam geniet..wees veilig en geniet elke ervaring daar.

        Like

      1. Nou ja, nou het jy my vasgevra. Ek sal die rakke moet bestudeer. Ek drink natuurlik glad nie koffie nie en let nie juis op watter soorte beskikbaar is nie. Dieselfde met tee. Dis net die opvallende verpakking van Jacobs wat my oog gevang het in die winkels.

        Like

  1. Nee hoor..ek het nog nie daai Jacobs gesien nie…maar gaan beslis my oe oophou daarvoor. Nescafe het nou 2 nuwe geure bekendgestel..

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.