Nur-Sultan, hoofstad van Qazaqstan

Van die eerste goed wat ek aan die begin van die jaar oor Qazaqstan gelees het, is dat die land sedert 1997 ‘n nuwe hoofstad het. Astana.

Voorheen was Almaty, ‘n pragtige ou stad in die suide van die land die hoofstad. Tussen Januarie vanjaar en nou het die eerste president van die land, Nur-Sultan, besluit dat Khazakhstan voortaan as Qazaqstan bekend sal staan.

En ons was nog skaars aan die verandering gewoond, toe tree hy voor die verkiesing na 30 jaar in die tuig uit en word Astana ter ere van dié eerste president van die land na hom vernoem. Nur-Sultan.

Anders as in Suid-Afrika, hou die Russe van naamsverandering. Dit is nie die eerste verandering van die naam van hierdie stad nie. Maar die nuwe naam maak sin.

Astana beteken in Qazaq hoofstad. En kinders sou seker maar op skool gespot het met die naam. Die hoofstad van Qazaqstan se naam? Hoofstad!

Van die begin af fassineer hierdie stad my. In ‘n kort tydperkie het dit geblom, baie nuwe geboue gekry. Staan eintlik so half as die Dubai van Qazaqstan bekend.

Nuwe wolkekrabbers. Nuwe boustyle. Baie modern teen die res van Qazaqstan.

Koud! Kouer as Ust, en daarvan sal ek later die jaar meer kan vertel. Almaty het beter klimaat, waarom sou mens die hoofstad na so ‘n koue deel van Qazaqstan stuur?

Ek verstaan die rede is veiligheid. Almaty is te na aan die suidelike grens. En Nur-Sultan lê baie noord.

Dit is ook op die Steppe, ‘n baie groot gelyk stuk aarde. Ek het iewers gelees Spanje kan sewe keer op die Steppe ingepas word. Maar ek sal moet gaan seker maak. Mens sal probleme ver sien kom. En daar is vir probleme geen wegkruipplek soos wat die hoë berge om Almaty bied nie.

Ek hoor dat die wind ‘n probleem is. Dit waai teen ‘n spoed oor daardie oopte heen. En ek kan net dink. Geen berge om die spoed te breek nie.

Maar hoe koste-effektief sou dit wees om ‘n hoofstad so in die middel van nêeens te gaan plaas?

Nur-Sultan is so 1000 km van Almaty in die suide af. En is ook so 1000 km wes van Ust. En Qazaqstan het net aan die Suidwestelike kant ‘n see, die Kaspiese See. Geen oseaan nie. Alles moet ingevlieg op per pad op spoor na Nur-Sultan gaaan.

Qazaqstan is ‘n baie groot land, negende grootste in die wêreld. Tog is hierdie groot land onbekend. Die land se bevolking is van die dunste versprei, het maar iets soos 18 miljoen inwoners.

Ons het dié stad, wat 1000 km wes van Ust is, vir my verjaarsdag gaan verken.

Ek sal foto’s op Instagram plaas. My handvatsel is cvanstaden.

Foto: Nur-Sultan, 17 Augustus 2019

9 comments

  1. Ek het eenkeer ‘n boek oor Khazakhstan gelees. Dit was so interessant en sou so graag dit weer wil lees maar het nie ‘n idee wat die naam meer is nie. Gewonder hoekom jy dit nie meer Khazakhstan noem nie… nou weet ek. 😊

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.