Gepubliseer in Joernaal

Vinkwyfies …

Ek kan nie help om aan ‘n vinkwyfie te dink wanneer ek die gewerskaf sien wanneer nuwe intrekkers kom nie.

Maar, laat ek eers verduidelik.

Hier huur mens gemeubileerde woonstelle, die meeste daarvan baie mooi met muurpapier versier. En meubels, koppies, pierings, borde, glase, potte, panne messegoed, sowel as linne is deel van die pakket.

Jy bring jou kos en klere, dit is al wat nodig is.

Ons betaal so R7000 per maand vir ‘n tweeslaapkamer plekkie, maar dit is van die beter pryse. Ons het ‘n gelukskoot getref.

Ons het al so paar ekstra goedjies gekoop, soos laaikas vir die kamer, bedkassies, braaigoed, mooier glase en borde. Goed vir eie gerief.

Goed wat ons nie van die landlord sou verwag nie omdat ons dit kan verkoop wanneer ons gaan.

Ons kon egter, as ons wou, aan die begin vinkwyfies gewees het.

Daarop aangedring het om nuwe muurpapier en meubels ensovoorts te kry voor ons teken.

En die kans is groot dat dit toegestaan sou word.

Maar ons het nie. Dit voel soos vinkwyfie wees om die nessie uitmekaar te skop en op ‘n nuwe een aan te dring.

Buitendien, ons gaan nie vir altyd hier woon nie.

Daarom was ek nogal verbaas toe ek die gewerskaf sien toe ons nuwe bure op die vloer kry.

Ek kan ‘n versoek vir kaste verstaan.

Ek het verlede maand so een gerig. Dit is absoluut onmoontlik on my en manlief se klere in een tweedeur hangkas in te pas.

En om een of ander rede het al die woonstelle wat ons gesien het ‘n tekort aan hangkaste.

Dié is goedgunstelik toegestaan.

Ek kan dus verstaan as die nuwe mense hangkaste vra. Want, ek het gesien hoe die vorige eienaar met opgepakte kaste uitgetrek het. Dit was vir hom nodig om ekstra te kry.

Wat ek nie kan verstaan nie, is dat al die deure, binne en buite, vervang moes word as hulle nog in ‘n goeie toestand was.

Vinkwyfies?

Voel so. Maat dalk is ek in ‘n mate ook een. Soms, net soms, is ek spyt dat ek nie op ander muurpapier in die sitkamer aangedring het nie. Dit steek my van die begin af dwars in die krop. Maar ek sou nie so ‘n versoek rig nie

Net so ter afsluiting. Is dit nie wonderlik nie? Mens los jou goed buite jou woonstel. So in die gang. Fietse, stootwaentjies. Deure. En dit word nie gevat nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Vinkwyfies …

  1. Sjoe…jy sien, ons Suid Afrikaners is maar net n eie spesie….ons fuss nie sommer nie. DAlk moet jy net vir die pret nuwe muurpapier vra!

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.