Opwindende verskeidenheid tee in Qazaqstan

Ek het al so in die loop van ‘n joernaalinskrywing vertel dat die lekkerste tee hier in Qazaqstan beskikbaar is. Maar ek wil tog een spesifiek aan die tee wat hier beskikbaar is, wy.

Om aan te vul soos my versameling groei. As jy nie van tee hou nie, dink ek ek gaan jou inspireer om ‘n lus vir tee te ontwikkel. Dit is ‘n smaaksensasie (sou dit die regte woord wees?).

Die tee word in geen spesifieke volgorde genoem nie omdat almal gunstelinge is. Soos Steve Hofmeyr se musiek. Vir my.

Die tee is heerlik warm, lou en yskoud. Ek gaan hulle wel onder die name van die vervaardigers kategoriseer – en met my absolute gunsteling afsluit.

Die tee word in pakkies van 20 verpak en kos gewoonlik minder as R30 per boksie. Hoe vergelyk dit met SA se gegeurde tee, wat so duur is dat mens maar een soort per maand toets?

Ek maak met een sakkie twee koppies, een vir die oomblik een en een wat in die yskas koud moet word. Ek hou so baie van die tee dat ek nie agtergekom het dat sommige daarvan gegeurde groentee is nie!

Nadat my dogter my onlangs daarop gewys het, het ek eers opgelet dat van die tee gegeurde groen, swart en kruie tee is. Ek koop agter die geure aan en is selde spyt.

Al die tee is gunstelinge, dus gaan ek net langs die waaraan ek nie vat kan kry nie, skryf dat mens ‘n spesiale smaak daarvoor benodig.

Ek moet bylas dat ek nie die gewone tee koop nie, soos Ceylon. Of Keniaans. Ek koop slegs die tee met geure. Of oggend. Of aand.

Ek koop net die gegeurdes. Sodoende koop ek amper nooit koeldranke nie, ek het mos onversoetes in my eie huis …

My eerste gunsteling was Greenfield, dus begin ek daarmee. Ek het skakels na die vervaardigers bygesit, dus kan jy gaan loer. Ek wil nie, ek sien geure wat ek nog nie hier raakgesien het nie. En dan gaan ek wil soek …

Greenfield tee

Ek is nie verras dat Greenfield ‘n gunsteling Russiese tee is nie, maar wel dat dit in die UK gemaak word! Hierdie tee word in gewone sakkies of piramidesakkies verpak, ek het die piramides nog nie gesien nie. Almal is ook nie in die winkels hier beskikbaar nie. Die gewone sakkies word oulik in ‘n sellofaanomhulsel verpak, daarom bly die geur bewaar. Hulle boksies is ook gemaak om toegang tot die tee maklik te maak, mens skeur ‘n deeltjie af en dan trek jy die sakkies een vir een uit die boksie soos dit in die kas staan. Slim!

Ek lief op een na al die tees:

  1. Strawberry gourment (swart tee)
  2. Grape (swart tee)
  3. Vanilla Cranberry (swart tee)
  4. Chocolate toffee (swart tee)
  5. Lemon spark (swart tee)
  6. Summer boquet (kruietee)
  7. Barberry Garden (swartv tee)
  8. Wildberry Rooibos (kruietee)
  9. Eral Grey (Swart tee) Nie vir my nie

Tess

Nog ‘n Russiese gunsteling wat in die UK gemaak word. Ek het die volgendes, wat in luukse piramidesakkies verpak word, al probeer:

  1. Ginger Mojito (groen tee met suurlemoen en mint), nie my smaak nie
  2. Forest dream (swart tee met rasberry en blueberry)
  3. Summer Time (hibuscus, rosehip en aarbei)

Ahmad tea

Hierdie tee word sowaar ook in die UK gemaak. Ek sien op die webwerf daar is ‘n wye verskeidenheid beskikbaar is. Dit word in boksies verpak, met wit en groen sellofaansakkies waarin die sakkies verpak word. Die boksies maak ook onder oop, dus staan dit net reg vir gebruik in die kas. Die sellofaan hou die geure vars. Ek het die volgende getoets:

  1. Cherry desert (kruietee)
  2. Camomile Morning (kruietee) – ek is nie gek oor blommetjies nie
  3. Magic Rooibos (kruietee) – ek mis die rooibos daarin

Lipton

Hierdie maak is in die SA beskikbaar, ek weet nie of die geure daar beskikbaar is nie.

  1. Blue fruit (black tea)
  2. Vanilla Caramel (black tea)
  3. Peach Mango (Black tea)
  4. Pina Colada (Black tea)
  5. Orange Jaipur (swart tee)

Princess Noori

Eerste keer wat ek die maak probeer, soos ek verstaan is dit ook ‘n Russiese gunsteling. Dus sal die lysie mettertyd groei.

  1. Blueberry en Mint (Ceylon black tea) moet nog toets

Curtis

Ek eindig met Curtis af. Hierdie tee word in luukse piramidesakkies verkoop en mens voel sommer klaar baie spesiaal as jy die sakkie uit die boksie haal.

Die geure tref jou sodra jy die sakkie uithaal. Ek het verskeie soorte gekoop en na die SA as geskenke geneem. Ongelukkig sukkel ek nou om dit hier te kry. Self het ek die volgendes al probeer:

  1. Banana Flambe (swart tee) – hemels
  2. Orange Chocolate (swart tee) – hemels
  3. Truffle (swart tee) – hemels
  4. Sunny lemon (black tea)
  5. Earl Grey passion (black tea)
  6. White Bountea (white tea) – nuwe een, toets die week
  7. Delicate Mango (green tea)

Ek gaan ‘n voorraad saamneem as ek SA toe gaan en eers as dit opgebruik is, gaan ek terugskakel na rooibos of heuningbostee.

Ek kry geen vat in swart tee nie. Of dalk sal ek dit invoer aangesien die meeste soorte in die UK gemaak word. Van hier kan ek nie laat stuur, dit kos R2 700 om ‘n brief te stuur. Ons wou ‘n ligte pakkie pos, dit sou R6 700 gekos het. Toe vat ons maar eerder saam toe ons gaan kuier het. ‘n Vliegkaartjie met kos ingesluit kos nie veel meer nie …. Ek wil nie eens dink hoe duur dit gaan wees as ek my tee wil aanvul nie.

Laat weet gerus as die tee in jou land ook beskikbaar is. En waarvan jy hou en nie hou nie.

O ja, en gesels sommer saam oor die tee waarvan jy hou. Laat die skakels daarheen in die kommentaar, ek dink ons gaan lekker saamtoets. Oortuig my gerus om ongegeurd te gaan.

Hier is teedrink ‘n tradisie. En mens gooi ‘n koppie net halfvol. Ek doen nie, my bekers word tot oorlopenstoe vol geskink.

9 comments

  1. Ek wil vir jou kuier – en sommer BAIE tee drink! My mond water as van jou versameling lees. Ahmed maak wonderlike tee – ek het ‘n paar tee sakkies daarvan as ‘n present gekry; Lipton Peach Mango en Orange Jaipur het ek hier gekoop – lekker; Curtis het ek nooit van gehoor nie, maar sal graag die Banana Flambe en Orange Chocolate proe … my gewone Ceylon tee vannoggend proe nou ‘n bietjie TE gewoon!

    Like

    1. Jammer, Anne! Ek bedoel daai swart tee nie sleg nie. Ek het so gesukkel om koffie te los. Toe trek die gegeurde tee my. Daai twee is hemels met hoofletters. Laat asb jou skakel na lekker tee in die kommentaar. Ek raak nou gewoond aan Earl Grey.

      Like

  2. Ek is n teedrinker en die tee hier is nie veel om oor huistoe te skryf nie. Ons het Lipton maar dis nie te goed nie. English breakfast is enigste tee wat vir my darem na tee smaak as ek dit in koffieshop bestel. Verder koop ek ook gegeurde tees veral in die somer drink ek dit koud.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.