Die lug bokant Öskemen verander so vinnig dat mens nie kan byhou nie. Tog kon ek vandag paar foto’s neem om dit te kan beskryf.
Maand: Junie 2019
So braai ons in Qazaqstan
Die Kazakhs braai nie soos ons nie. Seker maar omdat hulle nie hulle vleis soos ons sny nie.
Kaalvoet in die reën in Öskemen
Ek het net gister vertel dat die reën in Öskemen haarself nie met donderslae en weerlig aankondig nie. Toe bewys sy my verkeerd …
Lees voort “Kaalvoet in die reën in Öskemen”Blou lug is skaars in Öskemen
As mens na die lugruim kyk, is dit moeilik om te glo dat die lug in Öskemen baie droog is. So droog dat ek lakens kan was, kleiner kan vou om op ‘n staanreëling in die een kamer te pas en teen die aand kan opvou en bêre.
Lees voort “Blou lug is skaars in Öskemen”So, waar is Qazaqstan?
Toe manlief die e-pos kry om te oorweeg om ‘n werk in Qazaqstan te kom doen, het ons dom gevoel. Waar is dit? Ons was nie die enigste nie. Almal wou weet waar dit is toe ons sê ons gaan vir drie jaar hierheen emigreer.
Verpakkings in Qazaqstan:
In ons eerste woonstel hier in Kazakhstan was sulke oulike glashouers in die kaste. Daai soort wat met die draadaffêre oorvou om die deksel toe te hou. En ek wou sulkes hê. Maar het geen idee gehad waar mens dit koop nie.