Ek het so ruk terug vertel dat ek die dag op pad was om ‘n jong vrou in Qazaqstan te ontmoet. Ek het ook vertel hoe dit gebeur het dat ons ‘n koffie afspraak gehad het. En dat ek oorweeg het om nie te gaan nie, omdat ek nie maklik vriendinne maak nie. Dankie aan almal wat my aangemoedig het om deur te gaan, ek en Mia het maklik gekliek, al is sy so oud soos my kinders as ek moet raai. Mia, raai ek reg?
Lees voort “‘n Nuwe vriendin in Qazaqstan”Maand: Junie 2019
‘n Uitstappie na Shemonaigha in die somer
Vrydag toe manlief op pad terug van die myn af by Shemonaigha oor die brug ry, besluit hy dat ons twee Sondag daar gaan braai. En teedrink by die Afrikaanse man op die myn.
Lees voort “‘n Uitstappie na Shemonaigha in die somer”Die eens onwillige worsmaker gewillig in Qazaqstan
Voordat ons na Öskemen getrek het, het ek oor die land opgelees. Qazaqstan. En wat dadelik my aandag getrek het, is dat perdevleis hier geëet word.
Lees voort “Die eens onwillige worsmaker gewillig in Qazaqstan”
Koekbak is ‘n affêre in Qazaqstan
My kinders sal daarvan kan getuig, ek is nie ‘n koekbakster nie. Toe hulle klein was, het ek koekiesbakdae beperk.
Mansklerekoop in Öskemen
Saterdag besluit ons om ‘n ander deel van die stad se strate te verken. Sommer naby ons.
‘n Oggend by die mark
Vanoggend nooi Mia, my jong nuwe vriendin, my vir die derde keer saam mark toe. Die ander kere het iets voorgeval. En ek besluit om saam te gaan.