Die Here se hand in ons koms na Qazaqstan

Ons kan nie anders as om te glo dat die Here ons voorberei het vir die lewe in Kazakhstan nie. En dat dit sy goedkeuring dra dat ons hierheen gekom het.

My man is uit duisende ander mynbouingenieurs wêreldwyd op LinkedIn uitgekies en gekontak. Met ‘n lang e-pos waarin die aard van die werk verduidelik is.

Ek het net die woord Kazakhstan gehoor en wou niks weet nie. Hierheen kom ek nie. Dit is Rusland. Geld is nie belangrik nie. Ons lewe lekker in Ruimsig, en ek het genoeg op skool geleer en in movies gesien om nie hier te wil wees nie. Russe is mos gevaarlike mense?

Maar my man se hart het verlang na ‘n laaste uitdaging voor ons aftree. Toe vra ek dat ons kom kyk hoe dit lyk. En nie net ‘n besluit maak nie. Dit is gereël en twee weke later sit ons twee op drie verskillende vliegtuie en vier lughawens om die land te kom bekyk voor ons besluit.

Die rit hierheen is veronderstel om mens af te sit. Ons het Saterdag 14:00 op JHB lughawe aangekom, die aand 19:00 begin vlieg, via Frankfurt na Almaty, vorige hoofstad van Kazakhstan.

Toe ons van Frankfurt na Almaty vlieg, het ek reeds die gevoel van ‘n koue, onherbergsame wêreld begin onderdruk. Ek moet realisties na die wêreld kyk. Sonder vooroordele.

Ons het doodmoeg die Maandagoggend 0:50 in Almaty geland. Die rit in stad toe het my aan ‘n towerwêreld bekendgestel. Sneeu net waar jy kyk. Met die lug ‘n dowwe blou.

Na hierdie kersboom by die lughawe verstaan ek waarom ons sulke kersbome in SA kan koop. Dit is hoe dit lyk in hierdie land. En so gaan myne lyk as ons die dag terug is. Of sommer spierwit!

Daarna is ons hotel toe geneem en die volgende twee dae is manlief eers in Almaty by die hoofkantoor aan almal bekendgestel voordat ons die Woensdag na Öskemen gevlieg het.

Ek het die mooi van Almaty misgekyk. Dit is 1050 km vanaf Öskemen en baie warmer! Ek moes gaan kyk hoe Öskemen lyk. Dit self beleef. My moed het in my skoene gesak soos ek elke dag die temperature op my foon dopgehou het.

Volgens die weervoorspelling sou die kwik styg, maar dit het nie.

Dit het na -38 snags gedaal. Hemel tog, snags wou ek nie buite wees nie! Astana, die nuwe hoofstad van Qazaqstan was egter erger! Ek sou nooit my hoofstad na so ‘n koue deel van die aarde geskuif het nie!

Ek vermoed die nuwe werk het gehoop Öskemen se temperature sou styg. Dit het egter bly daal.

My skoene was nie reg nie, my voete het koud gekry, daarom het ek in Almaty gaan sneeukouse koop en stewels en ‘n dik jas by een van die vrouens geleen. Die res van die tyd het ek net daarmee na buite gegaan, al moes ek twee pare kouse dra omdat dit ‘n nommer 7 was.

En toe is ons op pad!.

Op pad hierheen is ons oor ‘n spierwit landskap. So ver die oog kon kyk!

Die aarde word hier so koud dat die boonste 1.9 m gevries is!

Gewoonlik lyk my lugfoto’s so as ek die wolkmassas onder ons afneem!Ek het vergeet om te noem. Ons vlug is vertraag omdat dit in Ust gesneeu het. Hulle moes wag dat dit klaar sneeu en toe kon die aanloopbaan eers skoongemaak word! Genoeg om my te laat vrees dat ons van die baan gaan afgly!En toe land ons op ‘n bevrore aanloopbaan. En kry ek raas toe ek ons stomende vliegtuig afneem. Ek moes, sy was my heldin!

Alles buite die lughawegeboutjie van Ust was wit. Met sneeu opgehoop waar dit net van parkeerareas afgestoot word.Op pad na die hotel het ek my verkyk aan die huisies. Met hulle wit kappies. En skoorstene wat sê dat die eienaars nie aan sentrale verhitting gekoppel is nie.Ek kon nie help om te wonder of die huise sou oorstroom as hierdie massas afgeskraapte sneeu begin smelt nie. Hierdie huisie is verdwerg agter die hoop sneeu.

Met baie sneeu agter hom! Kyk die mooi vensters van die ou Russiese huisies!En toe stop ons langs die rivier by die Dedemans hotel. Pragtige moderne hotel. En snoesig warm binne. O ja, die kar was ook warm.

Tot by die kar het my hande en neus gevries! En onverhoeds raak ek verlief op hierdie ysige stad, wat soos ‘n sprokie lyk! Kyk die pragtige wit bome.

Langs die strate lê die wit sneeu opgehoop. En dit is iemand se werk om die strate skoon te maak. Voor die mense moet begin werk. Oral is mooi tekens langs die pad. Die stoom aan die ander kant van die muur is oor die Itysh rivier.Omdat my drie Schnauzers sou saamkom, moes ons ‘n huis of woonstel soek waar honde toegelaat word. Hierdie straat het ons na een van die huise geneem, aan die buitekant van die stad.Ek het baie van hierdie huis gehou, maar die Georgiese oom en tannie het nee gesê. Manlief was bly, hy sou elke dag die pad moes skoonmaak voor hy werk toe kon ry, die deel tussen die garage en die straat.

Dus moes ons ‘n woonstel vat. Oral in hierdie sprokieswêreld staan diertjies vol liggies of diere standbeelde rond.

Hier is die diertjies van naderby, hulle het by die Dedemans hotel gestaan.Oral langs die strate staan kersbome! En hulle oorleef hierdie ysige weer.

Hierdie foto is deur my hotelkamer se venster geneem. Gee ‘n goeie idee van hoe diep die sneeu einde Januarie gelê het.Hier staan ons twee voor die Dedemans, het gou gaan vrugte koop by Fresh Market, wat nou een van ons gunstelinge is.Ons het die eerste nag in Öskemen reeds besluit. Ons gaan wel hierheen trek. Die plek was vir die koue ingerig. Winkels en huise is snoesig. En met die regte klere aan vries mens nie. Op pad na die myn het die pad vir my man so gelyk. Die myn is so 2 ure se ry van Öskemen af.Terug in Almaty het dit ook gesneeu. En die vliegtuie op die lughawe was wit. Kyk net hoe vol sneeu is hierdie enetjie. Almal se engins word dadelik met seile toegemaak. Op pad terug hotel toe, is ons verby karre wat vol sneeu gelê het. As hulle base nie met hulle gery het nie.

Publieke vervoer is goedkoop en maklik om te gebruik. Busse, trems en taxi’s. Ons het die meeste van die tyd Asparu gebruik. Uber is hier wel, maar hulle is belaglik duur.

Op my vraag: Waarom ons, het die man wat manlief op LinkedIn gekry het gesê dat hy die aand gebid het. En dat hy toe my man op LinkedIn raakgesoek het.

Toeval? Ek twyfel. Ek het iemand iewers op die radio hoor sê dat toeval eintlik van toevallig afkomstig is. Soos in Toe val (die Here se) lig. Ek glo die Here het ons op die paadjie gesit. En ons geniet hierdie reis, so voor ons aan aftree langs die Vaal gaan dink.

Hoe voel ek nou, na drie maande oor Kazakhstan? As my kinders hierheen sou verhuis, bly ek net hier. In hierdie skoon, veilige land, suid van Rusland.

Advertisements

17 comments

  1. Dit is lieflik en soos wat jy beskryf, ‘n ideale plek vir ‘n familie. Ek het ‘n bietjie … uhm … probleme met die koue temperature (dis hoekom ek hier aan die Suidkus woon 🤣) maar selfs ek kan die sjarme van hierdie plek aanvoel wanneer ek na jou fotos kyk. En jou huis is tog waar jou hart is, selfs al is die kinders ‘n bietjie ver.

    Like

      1. Ek sien nogal uit na jou vertellings van die winter. Ek is ‘n sonliefhebber en wanneer dit hier te koud raak om strand toe te gaan (dit gebeur wel in Julie en Augustus) begin ek regtig aan onttrekkingssimtome ly.

        Like

  2. Ek kan nie wag vir jou blogs nie want 90 persent van my menswees skree om ook sulke plekke te ontdek. Ek moes in my vorige lewe n wereldreisger gewees het wat die Reisfeetjie baie kwaad gemaak het…die dat sy my geground het vir hierdie leeftyd. Jou fotos is pragtig. Ek het altyd geglo ek sal nog baie reis voor ek omkap maar daai vooruitsig is so skraal soos n salaris verhoging!!

    Like

    1. Haai woordnoot, baie dankie! Ek het weer vere gevoel vir reis, wou net die RSA sien. Ons was al op manlief se aandrang in’n hele paar lande, vinnig, na week wou ons huis toe gaan. En nou die reis. En ek lief dit!

      Like

  3. Nou kan ek sien hoekom jy sê jy het gedink die Russe is gevaarlik. 😂 Maar ek is bly jy het agtergekom dit is nie so nie.

    Die wit sneeu lyk tog te lekker en Ma sê dit lekker om in dit te speel ook, so ek dink ek sal dit geniet. Maar sy sê sy sal vir my skoene moet aantrek. Kan jy my voorstel met skoene? hahahah

    Baie mooi foto’s van die pragwêreld daar by jou en van jou en jou man. Julle lyk so lekker snoesig. Ma sê sy glo maar alles gebeur met ‘n rede en ons is bly jy is gelukkig daar. 😀

    Like

      1. Ek is baie bly om dit te hoor. Hier is vir jou baie nat soene. 😘😘😘

        Ek gaan nou eers die stofsuier jaag. Dis baie pret as ma die matte skoonmaak want daai ding moet weet ek is die baas hier, en dan gaan ek haar help grou in die tuin. Geniet jou daggie verder. En hier is nog meer nat soene. 😘😘😘

        Like

      2. Ai, dit was amper hoor. Ek mis dit net elke keer want ma is te vinnig. Gelukkig is ek nie ‘n waghond nie. Ma sê daai tipe kinders wag dat mens oor hul val. Ek is nie so tipe nie. 😂

        Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.