Gepubliseer in Reisjoernaal

Öskemen se Hollywoodagtige monument in die somer

Ek het vanoggend geskryf oor die Hollywoodagtige monument van Kazakhstan op een van die omliggende berge. En ook dat ons vandag teruggaan om somer foto’s te neem.

Hier is dit dan. Die paadjie daarheen lyk soveel beter in die somer. Met geen sneeu. Die vorige keer het ons saam met een van die Kazakhs en sy meisie gery. Sy het bestuur. En ek het die hele pad gebid!

Ek het met sandale en al ‘n hele klomp trappe afgeklim om die foto te kan neem. Kan jy sien hoe massief die vlag is?Ons woonstel is, as mens na die brug links op die foto kyk, regs van die brug. Een van daardie klomp lang geboue. Die plek waar die drie hysers staan, hier aan die onderkant van die foto bo, was blykbaar op ‘n stadium ‘n besige hawe.Die foto bietjie uitgezoom om te wys dat dit eintlik ver is stad toe.Die massiewe letters is van wit sinkplaat gemaak. Ek het nogal ver met die trappe afgegaan, maar kon nie beter foto kry nie.En hier is die monument ook in die foto.Uitsig vanaf monument.Die stad se warm water word by daardie klomp skoorstene gestook. Nou minder, want dit maak net warm water vir al die badkamers en kombuise in die stad. Nie vir die verwarmers ook nie.Die mooi geel geboue oorkant die rivier, half links, was ons eerste blyplek. Ons het binne ‘n maand stad toe getrek. Dit was 25 minute per taxi van enige winkels af. En ek het daagliks goed gekort. Soos gemmer. Of bakpoeier. Of stroop. Manlief het dit die konsentrasiekamp gedoop. En die Kazaks praat nou ook so van die plek 🙈Ingezoom. Vir die pret. Om ons woonstel te soek.Pragtige groen hange van die berge. My drie woewe sou dit hier baie geniet.Nog foto’s van die area om die monument.En van die massiewe vlag. Dink die een sê dit?Ek het die voël in vlug gevang…Die area om die monument, mens kyk 360 grade …Al hierdie trappe afgegaan om die foto te neem. Wou baie omdraai, maar dan besef ek my brein sal dit soek. En deurgedruk.Die hoogte van die N van Kazakhstan (H) Grasgroen, ontsaglike mooi kleur groen. Lawwe selfie na moeilike klomp trappe, daai soort wat te groot is vir een tree en te klein om twee treë te gee.

Die hoek terug na bo was vir my baie mooi. Onder volg nog mooi foto’s wat so rondom die monument geneem is.As julle mooi kyk, sal julle verstaan waarom ons van Qazaqstan hou. Dit herinner mens aan vele dele van Suid-Afrika.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Öskemen se Hollywoodagtige monument in die somer

  1. Die Kazaks is met reg trots op hulle monument en massiewe vlag. Hoe voel die knieë en die kuitspiere nadat jy al daardie trappe af en weer op geklim het? Dis net ‘n baie fikse of ‘n baie entoesiastiese fotograaf wat so ‘n groot klim sal aanpak.

    Like

    1. Ja, jy verstaan reg, Hester. Hulle noem dit sentrale verhitting. Die water word met baie dik pype na geboue vervoer. En kom dan met dunner pype die geboue binne. Daar is twee soorte water in die krane. Warm en koud. Die warm is minder warm in die somer. Dit kom uit die kommunistiese era. En ek dink die ANC het niks by hulle geleer nie. Die mense kry swak salarisse, maar hulle huise is warm en publieke vervoer is oud-modies, maar baie goed en betroubaar. Hier is dus nie geysers nie, net in huise waar die mense nie vir sentrale verhitting wil betaal nie.

      Liked by 1 person

  2. Dit is regtig baie mooi daar en lyk baie soos in die Transvaal nê? Jy het baie mooi foto’s geneem en dis omtrent ‘n groot rivier daar. Daai trappies lyk ook maar baie. Ek dink ma sou my halfpad op moes dra. 😂

    Like

      1. Ag shame. Ma sê nee wat, sy sou maar net daar onder bly sit het. hahaha. Die rivier lyk pragtig ja en ek kan dink hoe lekker koud dit is. Selfs die see is water raak nou koud hier en ek was nog nie weer by die swembad onder nie, maar ek dink dis ook lekker koud. 😀

        Like

          1. Ek sal bietjie so maak. Ek rus nou eers want ons het gaan loop en kyk hoe pa visvang. Nou wil ma my bad, maar sy wag eers dat ek bietjie rus.

            O nee, Ma is baie lief vir goggas, veral spinnekoppe. Hulle is haar gunsteling. Dan hou sy van slange en paddas. Sy hou net nie van muskiete nie. Ma sê ons het niks nodig om voor bang te wees nie. Al die goggas is daar vir ‘n rede. 🙂

            Like

          2. hahaha! Nee, glad nie. Sy is net baie lief vir hulle en jy sal verbaas wees hoe min van hulle jou regtig wil byt, veral spinnekoppe. Hulle is banger vir jou as jy vir hulle. 🙂

            Dit kan net wees ja. Sy het seker gedink dis baie snaaks. 😀

            Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.