Bo-op een van die berge wat oor Öskemen troon is ‘n monument met ‘n reusagtige vlag van Kazakhstan.
Hierdie vlag kan baie ver gesien word, bykans vanuit elke hoek in die stad. As geboue nie die uitsig beperk nie.
Ek het die foto op ‘n reëndag dié week geneem omdat die son net daar geskyn het. Terwyl dit om ons erg bewolk was na die reën.
‘n Pragtige monument staan langs die reusagtige vlag. Hierdie vlag en monument verduur die winterkoue wat tot -40 grade Celsius kan daal. Ons was in Januarie hier toe die kwik na -38 gedaal het!
Ek het nogal gevrees dat mens in ysstandbeelde sal verander. Maar hier besef dat sub-zero koud is, maak nie saak hoeveel onder zero nie!
Die pragtige wapen in die middel word oral uitgestal.
Een van die redes waarom Qazaqstan my so aantrek is die kleur van die vlag. Seegroen of seeblou? Van hier af kyk mens oor die stad en die rivier daar ver onder.
Ons was bo op ‘n dag toe die lugbesoedeling hoog was. Ek kla nie oor die lug nie, daai rook verseker dat elkeen van ons nie in ons huise doodvries nie.
Dit was in Maart en die sneeu het nog oral gelê, op die berge ook.
A! Gisteraand se sonsondergangfoto was toe nie my eerste nie!
Hierdie een is in Maart geneem!
Nog foto’s volg, gedink ek moet dit sommer ook deel. Gaan vandag weer terug om foto’s te neem as die lug nie meer so bewolk is nie.
Ruslan, my man se tolk en sy fotograaf meisie, Natanja. Hulle het ons aan die begin oral heen gevat. En was ook twee weke gelede saam met ons Almaty toe om kar te koop. Daai een moet ek nog vertel, die pad van Almaty na Öskemen is ‘n storie wat nog vertel moet word.
Die massiewe poot of paal van die massiewe vlag.
Ek het hier ‘n panorama foto geneem (van bo na onder en nie van links na regs) om die massiewe vlag te probeer afneem!
Teen die berg, onderkant die vlag, staan in massiewe letters Kazakhstan!
En dit kan ons ook van ons woonstel af lees. Baie Hollywoodagtig, behalwe dat die fokus op die land is en nie op die stad nie.
Vandag gaan die foto’s anders lyk. Ons het nou rigting, ek weet wat ek wil afneem en soek van daar af. En dit is grasgroen. Die berg is so groen dat mens dit oor die afstand sien. Ek moet weet wat daarvoor verantwoordelik is. Bome? Bosse? Ek het laas net onherbergsaam en wit gesien. En koud gekry …
En vandag hang die vlag pap grond toe. Gewoonlik staan dit punt in die wind – noordoos of suidwes. Ons reën en sneeu bekruip ons ook van die berg se kant af. Soos in Dans van die Reën. Eers loer sy oor die bergtoppe …
Dis so prentjiemooi daar by julle en ek en Ma sal beslis die koue daar kan geniet. Ek kan my net voorstel hoe ek in die sneeu sal rondspeel. 🙂
Die monument en vlag is regtig pragtig. Ek en ma hou ook van daai seegroen kleur. Dit laat ons aan die see dink. 😀
Baie dankie vir die neem van die pragtige foto’s. Dis lekker om so saam jou te kuier. 😄
LikeLike
Dankie Rambo, jy sal dit geniet. Mamma ook.
LikeLiked by 1 person
Dis asemrowend, lugbesoedeling en al.
LikeLike
Ek voel ook so … het vandag nuwe foto’s gaan neem …
LikeLiked by 1 person
Ag dis mooi…
LikeLike
Dankie, ek het nou een opgesit met somer. Dit is vir my net so mooi.
LikeLike