Ons stad is ver van die ou hoofstad (Almaty, so 1000 km suid) en die nuwe hoofstad (Nur-Sultan so 1000 km wes) geleë. Tussenin is een of twee groot dorpe en baie, baie gehuggies. Laat mens aan Mosambiek dink.
Lees voort “Jacobs, melk, bacon en gedroogde groente …”Etiket: Oskemen
Drie brabbelgesprekke
Ons lag gereeld omdat manlief se werkers vergeet dat ons al ses maande hier is. En oorneem as ons iewers saam is. Om die uitlanders te help bestel of koop.
Lees voort “Drie brabbelgesprekke”Haastige hond kry verrassings
Die spreekwoord sê haastige hond verbrand sy mond. Wel, nie in Qazaqstan nie. Hier is dit bykans onmoontlik. Laat en verduidelik.
Lees voort “Haastige hond kry verrassings”As dit eers so mistig in Ust raak …
So twee weke gelede sit ek en ‘n Qazaqmeisie en gesels. Ook oor hoe ek oor Ust voel. En dat dit goed is dat ek eers kom kyk het hoe dit hier lyk.
Lees voort “As dit eers so mistig in Ust raak …”Die sirkus is (of was) in Ust
Verlede week sien ek die pamflette en advertensies teen die bushalte se muur. Die Tsirk (Sirkus) is in Ust. En ek wou nog gaan, veral nadat ek die groot wit tent Sondag op ‘n oop stuk grond gesien het. Maar die week gaan mos net so vinnig verby.
Lees voort “Die sirkus is (of was) in Ust”Ek skenk weer bloed met Victorinox
My dogter en skoondogter het al lankal hierdie messies met die plastiese handvatsels in hulle laai. Ek het dit nooit by hulle gebruik nie, net verder in die laaie gesoek vir skerp messies. Lekker vlak gekyk!
Lees voort “Ek skenk weer bloed met Victorinox”