Gepubliseer in Joernaal

‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?

Ons was aan Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby verslaaf, ek en manlief. Ons het ook die reekse gevolg: Swartwater, Sara se geheim, Fynskrif, daardie een wat aan die Waterfront geskiet is, was sy naam Waterfront? Dan was manlief aan sport verslaaf, enige iets, rugby eerste, dan gholf, krieket, tennis, fietry, die hele kaboedel is op ‘n piepklein iPhone skermpie gekyk. Tot ons Qazaqstan toe getrek het.

Lees voort “‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?”
Gepubliseer in Reisjoernaal

As manlief koeksisters belowe …

Ek was op universiteit gek oor koeksisters. Was van 1979 tot 1981 in Madeliefkoshuis by Tukkies. En ek is werklik dankbaar dat die Universiteit van Pretoria Madelief se naam laat bly staan het. Want in my tyd het ons Madelief se kleuterjare gevier. Sy het drie en vier en vyf geword en elkeen daarvan het met partytjies gepaard gegaan.

Lees voort “As manlief koeksisters belowe …”