Toe ons in Kazakstan gebly het, het seun ons van air fryers vertel. Iets wat ek glad nie geken het nie. Hoe goed hulle daarmee kos maak – olielose slap skyfies byvoorbeeld. Gesond. En ek was op die plek lus om ook ene te kry – my kleinkinders hou baie van slap skyfies.
My eie kinders het nie daarmee groot geword nie. Dit is vir my ‘n hele beslommernis om die aartappels te sny, die olie die regte hitte te kry en dan te sorg dat die skyfies gaar is. En nie gebrand proe nie. Voor ek soveel moeite doen, stop ek by McDonalds vir hulle lekker dun skyfies. Of by KFC vir die dikker soort.
Skoonseun het my intussen geleer wanneer die skyfies gaar is. As dit opstyg, is dit gaar, dan los mens bietjie dat dit bruiner word. Ek het so nou en dan in Kazakhstan gemaak – want daar ken hulle nie chips nie. Maar mens, ek hou nie van die proses om die olie van die skyfies af te kry nie. Teen die tyd wat die olie gedreineer het, is die skyfies koud.
Ust’- Kamnogorsk (Öskemen) is heel noord, 1000 km vanaf Almaty (vorige hoofstad) in die suide en ook 1000 km wes van Nur-Sultan (nuwe hoofstad). Die beskawing vorder stadig tot daar. In die tweede jaar in Ust’ kon ons hier en daar frie (skyfies) bestel. Met ‘n massiewe gesukkel. Hulle het dit op die spyskaart gekry, maar die kelners verstaan nie dat iemand dit wil bestel nie. Gewoonlik kon ons op foto’s druk om te verduidelik wat ons soek. Ons het mos nie Russies verstaan of gepraat nie.
Olieloos het dus my aandag getrek, veral omdat mens die skyfies in die laaitjie sit, geen olie byvoeg nie, temperatuur en tyd stel en dan roep die masjien my as dit gereed is. Dus het ons in Ust’ en Almaty na air fryers gesoek – en niemand kon ons help nie, hierdie tegnologie het nog nie daar vasskopplek gekry nie.
Tuisgekom het ek gesoek, op Takealot gekry en seun gevra wat hy dink. Die antwoord was nee, daardie soort is nie groot genoeg nie. Die groter masjiene, wat skaars sigbaar groter is, het ‘n plaas se prys gekos.
Ma het ten minste die 1 kg nodig nodig.
Dit is nou hoeveel in die laai gelaai kan word … verstaan ek. En nie hoe swaar die masjien is nie.
Toe ons een oggend in Makro loop, sien ek ‘n 1,2 kg ene op die rak. Haal dit af en sit dit in my mandjie. Maar ‘n Indiër koper wat ook na die lugbraaiers kyk, keer my.
Moenie daardie ene koop nie, Philps is die beste. En dit is vandag op ‘n winskopie. Kos amper net soveel soos daardie kleiner een wat jy in jou waentjie gesit het.
Gevolglik is ek met die Philips uit die winkel. Hy het instellings vir verskeie geregte, vanaf skyfies tot hoender en vele meer. Jy klik net daarop en laat die masjien haar gang gaan tot sy jou roep.
Tuis toets ons die masjien met selfgeskilde en -gesnyde aartappels, maar ons is nie so gelukkig met die resultaat nie. Dus staan die masjien soos wit olifant (al is hy swart) op die toonbank in die kombuis. Natuurlik het die masjien saamgekom Kuruman toe, maar ek het nie gedink dat ek hom gaan gebruik nie.
En toe ontdek ons McCain se krinkelsnit slap skyfies in Spar. In Kaz het ek slapskyfies in groot maat by Metro gekoop en dan in olie gebraai. Baie makliker as om self te skil. McCain se slap skyfies werk wonderlik in die masjien.
Ek genruik nie die ingeboude instellings van die masjien nie. By skoondogter oor paasnaweek geleer om self te kies. Dit is waarskynlik waarom ek nou met die resultate tevrede is.
Die resep is as volg
Bestanddele
McCain slap skyfies
Metode
- Trek die laaitjie uit
- Strooi ‘n lagie bevore skyfies in die laaitjie, nie te dik nie
- Stel die tyd op 16 minute
- Stel die temperatuur op 165 grade
- Druk die knoppie om te begin
- Wag vir die klokkie om jou te roep.
- Skep uit en geniet.
- Herhaal indien jy meer benodig
Jy kan na 10 minute kyk en die rakkie bietjie skud, maar dit is onnodig. Dit kom elke keer perfek uit.

Hoe maklik kan dit nie word om kos te maak nie – sonder om dit die hele tyd dop te hou. My soort manier van kos maak …
My dogter het ook n groot een. Ek sal hierdie naweek bietjie gaan proe. Sy maak hoender ens daarin gaar.
LikeLiked by 1 person
Seegogga, ek het ~~sondag vir on Kentucky-agtige hoender gemaak – sonder die olie. Dit was heerlik. ‘n Hele hoender word in 58 minute gaar – gebraai en alles.
LikeLike
Die nuutste Huisgenoot het heerlike resepte vir die lugbraaier.
LikeLike
Dankie!
LikeLiked by 1 person
Is dit nou telepatie? Ons s’n het Vrydag met Take a Lot gekom.
LikeLiked by 1 person
Letty-Ann, dit is ‘n wonderlike masjien. Watter ene het jy gekoop?
LikeLike
Milex.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan moet hoor hoe joune werk.
LikeLike
Dis my man se nuwe speelding.
LikeLiked by 1 person
Nou die aand kom manlief moeg by die huis. Ek het hoendervlerkies en wors uitgehaal vir braai en hy wou nie. Toe braai ek dit daarin – volgens hom baie lekker. En hy is fitterig oor gebraaide vleis.
LikeLike
Danie het hoenderboudjies in karringmelk gemarineer,2 ure lank,sout en peper by en 20 minute op 200° gebak.Heerlik!
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon dit proe! Melk …
LikeLike
O gits,ja!
LikeLiked by 1 person
Maar ek kan met kokosneut melk probeer?
LikeLike
Due nuwe Huisgenoot het heerlike resepte.
LikeLike
Dankie.Ek sal kyk.
LikeLiked by 1 person
Ek leer graag saam met jou oor wat daarin gemaak kan word.
LikeLiked by 1 person
Ek braai hulle al lank so. Te lekker.
LikeLiked by 1 person
Dit is ‘n absolute wenner wat ek eers op my oudag ontdek. My kleinkinders dink ouma is cool.
LikeLike
Die nuwe Huisgenoot het heerlike resepte.
LikeLike
Ons het ook een gekoop n week gelede. Ons het n bakkie met bietjie olie en kruie waarin die skyfies net gesmeer word en dan word dit gebraai
LikeLiked by 1 person
Dit is goeie idee. Vars geskil?
LikeLike
Ongeskil. Ons hou van die skille. Maar Geliefde stoom dit eers effens gaar
LikeLiked by 1 person
OK, stoom kan werk …
LikeLike
Dis ‘n wonderlike ding om in te belê
LikeLiked by 1 person
Het jy ook ene?
LikeLike
Yip, nog nooit gebruik nie, sal na die trek einde v maand😄🌻
LikeLiked by 1 person
Ek lief die masjien.
LikeLike
Die nuutste Huisgenoot het heerlike resepte.
LikeLike
Julle is regtig almal verskriklik cool! En julle maak my lus om te probeer!
LikeLiked by 1 person
Dit is werklik lekker, San.
LikeLike
Kan julle piesangskyfies, beetskyfies en patatskyfies ook self maak. Mens kry dit mos by Woolies. Dit is baie dun gesny en heerlik.
LikeLiked by 1 person
Ek skat mens kan probeer?
LikeLike
Ek wil juis die naweek een by Makro gaan kry!
LikeLiked by 1 person
Koop net groot genoeg, anders gaan jy twee keer moet koop.
LikeLike
Sal so maak😊
LikeLiked by 1 person
Die nuwe Huisgenoot het heerlike resepte.
LikeLike
Dankie Sal daarna kyk
LikeLiked by 1 person