Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.
Lees voort “Die bytjies en die blommetjies in Öskemen”Etiket: Kazakhstan
As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari
Is dit nie ‘n deeglike beskrywing van my lewe hier in die Kalahari nie. En ek kan natuurlik nie help om die ooreenkomste en verskille tussen my K-lande, streke en dorpe raak te sien nie. Hulle het een ding gemeen, as die son lui raak, is dit KOUD!
Lees voort “As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari”Verleenthede op lughawens
Ek is op die oomblik besig met ‘n Bybel leesplan wat my sowaar laat lê het van die lag. Want ek kon die prentjie wat geskep is in my gedagtes voorstel. Verleenthede by lughawens. Daarvan het ek en manlief genoeg gehad die afgelope twee jaar.
Lees voort “Verleenthede op lughawens”10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde
Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n foto, wat verdere herinneringe meebring. ‘n Vorige keer ‘n soortgelyke foto geneem – op ‘n ander piek van die aarde, ander berg/reeks, ander halfrond, ander klimaat, ander land, ander lewe.
Lees voort “10 000 km uitmekaar – op twee pieke van die aarde”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Foto-storie #11
Hierdie foto – wat my iPad vir my gekies het – herinner my aan ons lewe in Kazakhstan. Gisteraand sit ons en kuier met nuwe vriende in Kuruman – en ons vertel van die stryd om iets te bestel wat ons kan eet.