Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Die foto is tydens ‘n spanbou geneem, op die oewer van die Öskemendam. Ek het al oor die dam geskryf, ook oor die spanbou wat ons daar gehad het. Ons is per boot na die “strand” geneem. Kazakhstan praat mos van die oewers van damme en riviere as die strand. Want die land het geen see nie, al is hy die negende grootste land op aarde …
Die foto maak dat ek nie kan help om dan na hierdie groepie Kazakhs te verlang nie. Regte, egte mense. Jou vriend as hulle jou vriend is. Dit is hoe ek die Kazakhs leer ken het. Al kon ek enkele van die mense op hierdie boot verstaan.

Met hierdie Russe en Kazakhs hou ons kontak en hulle met ons. Ons deel in hulle lief en leed.
Hoe lekker om sulke bande oor die grense van taal te bou – ek sal altyd ‘n sagte plek in my hart hê vir die Kazakhs en Russe wat ons bevriend het hê.
Wyse woorde
LikeLiked by 1 person
Dankie, Seegogga, ek is nie seker watter wys was nie, want ek voel nogal dat ek sleg onwys was toe ek met sekere mense gekuier het.
LikeLike
Vriende met opposisie werk meestal nie! Jy kry soveel rugstekers!
LikeLiked by 1 person
Daai is waar …
LikeLike
Jy sal interessante herinneringe hê op jou oudag, Christa!
LikeLiked by 1 person
Baie, inderdaad. En as ek dit nie neerskryf nie, gaan ek dalkies vergeet …
LikeLiked by 1 person
Ek het n lewenslange vriendskap gesmee met n totale vreemdeling in my hospitaalkamer. So verskillend van mense in my gemeenskap. Wat jy beskryf oor myners geld ook vir mans en vrouens in lugmag en weermag. Rang oorheers als.
LikeLiked by 1 person
En strewens van vrouens …
LikeLike
Geld ook in die onderwys. Kompetisie, jaloesie, kyk wie kan die minste doen in akademiese werk…Kan mens vra wat is dit met ons?
LikeLiked by 1 person
Mens moet vra, dink ekke
LikeLike