Vandag herinner my foon my aan hierdie foto, van my en manlief in Traktir, ‘n restaurantjie in Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, in Kazakhstan. Geneem op 31 Januarie 2019.
Lees voort “In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …”Etiket: Kazakhstan
Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …
Ek het al vertel dat mens vleis in Kazakhstan baie anders as in Suid-Afrika koop. Jy koop dit by die mark – Fresh Market – direk van die boere af. Daar is afdelings vir bees, skaap, hoender en perd – en in sommige van die markte is ook afgesonderde hokkies vir vark – hulle is Moslems, maar baie eet wel varkvleis.
Lees voort “Toe verskil ons wors en Kazakhstan s’n nie so baie soos ek gedink het nie …”‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)
Hierdie foto is op 16 Mei 2020 geneem, een van die eerste naweke nadat Kazakhstan ons weer toegelaat het om ons huise te verlaat. Kazakhstan en Suid-Afrika so saam-saam middel Maart 2020 besluit om hulle bevolkings binnenshuis te beperk om die verspreiding van die SARS-CoV-2 virus te beperk.
Lees voort “‘n Droom oomblik op Kazakhstan koppie in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen)”Ysige nag langs die Vaal …
Ons het mos die naweek uit ons stadshuis getrek – sy is basies verkoop. Ek het gister daarvan vertel. Ons het Saterdagaand by dollatjie gaan slaap. En Sondagoggend die pad veel vroeër as gewoonlik gevat omdat hulle ander verpligtinge gehad het.
Lees voort “Ysige nag langs die Vaal …”Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen
My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.
Lees voort “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen”Ons kombuis in Almaty woonstel
Ek deel nooit sommer net foto’s oor my blyplek nie, eers as ons uitgetrek het sal ek deel. Waarom weet ek nie, miskien omdat ek nie almal op die internet vertrou nie. Of dalk om kritiek te vermy?
Lees voort “Ons kombuis in Almaty woonstel”