Gepubliseer in Bloguitdagings

Oeps … daar doen ek dit weer …

Ek het die afgelope maand bietjie aan my webwerf gewerk. Aan my skrywes geskaaf. En in die proses het ek meer as een oeps gemaak. Dus kan ek saam met – is dit Britney Spears? – sing: Oeps, daar doen ek dit weer …

Wat? Sal jy wil vra.

So laat ek vertel, want jy is seker bewus daarvan.

Ek het die hoofstukke vir die vervolgverhale wat ek saam met ‘n groepie spesiale vroue skryf na die konseplêer gestuur om dit eers te hersien. Daar is verskeie redes vir die besluit.

Eerstens is ek deel van ‘n groepie bloggers wat soms saam aan verhale skryf. Elkeen haar eie hoofstuk wat dan saam op een skakel geplaas word. Ons noem onsself die Goue Vroue. Ons het voorheen onder die skuilnaam towerinne geskryf. Ek wou my verhale bietjie hersien omdat ek vinnig daaraan moet skryf as dit my beurt is. Dus glip taalfoute maklik deur.

Tweedens lê hierdie stories na aan my hart omdat ek uitgedaag word om my verbeelding te strek. Ek beskou myself as ‘n beter wetenskaplike skrywer as storieskrywer. Daarom verkies ek dat diegene wat my skrywes die afgelope maand deurgejaag, nie toegang tot my verbeeldingswêreld kry nie. Ek het mos al vertel hoe my statistiek skielik opgejaag is …

Maar oeps!

Daar veroorsaak ek chaos.

Ek gaan nooit terug na ou hoofstukke toe nie. Daarom het ek glad nie gedink dat een van die Goue Vroue sou teruggaan om dit weer te lees nie. Dus het ek mos baie tyd om hulle taalkundig te versorg terwyl hulle so by mekaar in die konseplêer lê …

Dit het my werk makliker gemaak, maar oeps!

Seegogga bel my toe ‘n week gelede.

Wil ek nie loer wat fout is nie, as sy op die skakel vir my hoofstk van die biblioteekstorie klik, kry sy die boodskap dat die skrywe nie meer bestaan nie.

Ek het verduidelik, dadelik na die konseplêer gegaan en my twee hoofstukke oor die biblioteek weer aanlyn gesit.

Maar oeps!

Wat ‘n onaangename verrassing …

Dit word nie onder die ou datum gepubliseer nie. Nee, dit word gepubliseer asof ek dit so pas geskryf het. Word sommer ook weer aan almal gestuur wat my volg …

Hoe kan WordPress so dom wees? Die plasings het ‘n nuwe datum, maar al die ou kommentaar se datums het behoue gebly. Wat ‘n vreemde konsep. Ek is natuurlik dankbaar dat die kommentaar behoue gebly het …

Toe publiseer ek hulle almal maar weer. So een na die ander. En so word die fout ‘n paar keer herhaal. Ek kan mos aan hulle timmer terwyl hulle “lewendig” is. Dit is net moeilik, want ek moet die stories dan gaan soek.

Ek dink die fout het my ander lesers verwar. Omdat hulle weet dat hulle dit reeds gelees het.

Maar toe vra iemand gister waarom sy nie meer my skrywes per e-pos kry nie.

Dit kan wees omdat ek baie lanklaas nuwe artikels geskryf het. As ek moet raai, het ek ‘n maand gelede geskryf.

Waarom sal jy seker wil weet?

Wel, ek het die afgelope maand absoluut geen behoefte gehad om my persoonlike lewe te deel met diegene wat skielik en doelgerig deur my webwerf begin jaag het nie. Maar, dit is ‘n vervelige verskoning, net soos wat die daaglikse data daaroor na ‘n maand uiters vervelig raak …

Daarom gaan ek eerder twee verskonings aanbied wat ander skrywers gebruik.

Kom ons sê maar dat die muse my verlaat het. Stoute vroumens! Of dat ek skrywersblok gehad het. Dit is mos ‘n baie goeie verskoning?

Die muse is egter nou in haar volle glorie terug en die blok het gelig. Beide verskonings is mos in ‘n mate waar …

Ewenwel …

Ek vermoed die chaos is veroorsaak omdat ek ou stories onder nuwe datums gepubliseer het. Want nie eens ek kan verstaan waarom die ou stories onder nuwe datums gepubliseer het nie, terwyl die ou kommentaar daarop steeds onder die ou datums is nie …

Ek is dus regtig jammer oor die fout.

Ek het nie gedink ek gaan chaos veroorsaak as ek stories afhaal om hulle taalkundig te versorg nie.

Vir die lesers wat my op my blog of persoonlik gekontak het om uit te vind of ek nog lewendig is, wil ek sommer ook dankie sê. Julle is my “saving grace.”

Die muse het vir julle geluister. Die skrywersblok ook. Eersgenoemde het teruggekom en laasgenoemde het my verlaat. En ek glo dit is aan julle te danke …

Ek is terug in my volle glorie!

Ek sien uit om weer lekker in die kuberruimte saam met julle te kuier. Van my kant af is daar nog baie stories om te skryf.

Lewer dus gerus kommentaar op hierdie skrywe.

Want ek wil graag twee vrae vra:

  • Het jy my gemis?
  • Waarom?

Geniet die dag, myne gaan baie besig wees.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

43 gedagtes oor “Oeps … daar doen ek dit weer …

  1. Jippieeeee! Op jou vrae: 1) ja! Ek het! 2) want ek geniet dit wat jy skryf en jy is een van ons.
    Wat die trolle aanbetref: Ek hoop dat hulle vinnig iets anders kry om te doen. Dalk kan jy hulle na my toe stuur dan leer ek hulle hekel. 😁

    Liked by 1 person

  2. O, en net vir die rekord … as jy daar tussen jou konsepte nog uewers ‘n verlore Goue Vroue Jumanji-storie kry wat jy eintlik nog graag sou wou publiseer, ai dit sal darem tog te lekker wees! 😁❤️🙈🐘🦁🐰🦊

    Liked by 1 person

  3. Ek weet jy was siek en het die stilte daaraan toegeskryf….maar is bly jy is terug…jy moet daai muse maar pamper jong….hulle is sensitiewe siele!!

    Liked by 1 person

  4. So bly jy is terug. Ek het eers gedink dis die covid, toe die trek en toe ons lawwe Goue Vroue. Maar jippie!!! Jy is terug. Nou moet ek gaan kyk of ek nbe-pis van hierdie skrywe gejry het. Ek hoop ek is nog ‘n follower!

    Liked by 1 person

      1. Ooooooo, jy is ‘n goeie mens, daai streek in my het gemaak ek skryf oor hulle laat hulle genoeg het om oor te lees en praat- met ander name, maar hulle sal weet,😁💃

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.