Gepubliseer in Joernaal

Foto-storie #11

Hierdie foto – wat my iPad vir my gekies het – herinner my aan ons lewe in Kazakhstan. Gisteraand sit ons en kuier met nuwe vriende in Kuruman – en ons vertel van die stryd om iets te bestel wat ons kan eet.

Want ons het die hele 18 maande in Kazakhstan so gesit as ons iets wil eet … met die vertaaltoep wat vir ons moes vertaal wat op die Russiese spyskaart staan.

Dit is vroeg in April 2019 geneem toe ons skaars ‘n maand in Öskemen gebly het. In die restaurant oorkant die Dedemans hotel, ek gaan sy naam nou moet probeer onthou. Toe het ons nog gedink dat ons die taal – Russies – gaan baasraak. Ons het moed opgegee en moes in elke restaurant ons fone se vertaal toeps gebruik om kos te bestel. En hoop dat ons al die bestanddele raakgesien het. Ek moes dikwels my kos stukkie vir stukkie eet as dit vol kaas was, al om die kaas. Want – die Kazakhs het een slegte gewoonte. Hulle erken nie as hulle nie verstaan nie. Dus het “Neto Cir” nie altyd gewerk nie – omdat dit nie presies is hoe mens dit moet sê nie.

Die laaste drie maande het ons in Almaty gebly, waar mens daren spyskaarte in Engels kon kry in sommige van die restaurante. In Öskemen is dit ‘n rare verskynsel, alles is in Russies.

Iedergeval, dit is mooi herinneringe aan ‘n lewe in Kazakhstan, voordat ons tydens die pandemie vir sewe mande in die land vasgekeer was. Nou sal ek nie sommer weer oorsee gaan bly as my kinders en familie steeds in Suid-Afrika is nie. Dit was baie erg om nie vir spesiale geleenthede terug te kon kom nie.

Ses maande later – nou – voel dit soos ‘n leeftyd gelede, ek is so dankbaar dat ek my staaltjies oor die land hier vasgevang het. Om later te kom lees en te onthou hoe dit was …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Foto-storie #11

  1. Dr Christa, dit is goed wat ‘n mens nooit (mag) vergeet nie. Dit voed die siel, maak van jou ‘n ander mens. My suster en haar man het vir 3 jaar in Duitsland gebly toe hy vir BMW gewerk het. Ons het daar gaan kuier – ons eerste (en dalk laaste) oorseese reis. Dit was die beste vakansie ooit. Na Duitsland is hulle China toe vir 4 jaar. Dit was ‘n onvegeetlike ervaring gestaaf deur letterlik duisende fotos. Toe is hulle Viëtnam toe vir 3 jaar waar hulle totaal velief geraak het op die land en sy mense. Die afgelope 3 jaar was hulle weer in SA maar hoop om weer voor die einde van die jaar Viëtnam toe te gaan. Miskien sal ons die keer by hulle kan gaan kuier. Kan nie wag nie!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.