Hierdie foto is baie spesiaal, herinner my aan een van die plekke in Ust’-Kamenogorsk waarheen ek die graagste gegaan het. Ek en manlief het dit elke keer geniet om daar te wees.
Lees voort “Loopbrug oor Öskemendam, Kazakhstan”Etiket: expat
Ons kombuis in Almaty woonstel
Ek deel nooit sommer net foto’s oor my blyplek nie, eers as ons uitgetrek het sal ek deel. Waarom weet ek nie, miskien omdat ek nie almal op die internet vertrou nie. Of dalk om kritiek te vermy?
Lees voort “Ons kombuis in Almaty woonstel”Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan
Ons het mos 18 maande lank in Ust’ Kamenogorsk of Öskemen in die noordooste van Kazakhstan gebly omdat manlief in die hoofstad van die oostelike provinsie gewerk. Naby die grens met Rusland (noord), Mongoloë (oos) en Sjina (oos). Laaste drie maande in Almaty. En vandag herinner my iPad my aan hierdie foto van ‘n spanbou.
Lees voort “Manlief se span in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) Kazakhstan”Foto-storie #11
Hierdie foto – wat my iPad vir my gekies het – herinner my aan ons lewe in Kazakhstan. Gisteraand sit ons en kuier met nuwe vriende in Kuruman – en ons vertel van die stryd om iets te bestel wat ons kan eet.
Foto-storie #10
Hierdie foto sal my altyd herinner aan een van die bekommerdste tye van my lewe – die tyd toe manlief in Kazakhstan wou gaan werk.
Foto-storie #2
Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.