Donderdagaand gee ons ons paspoorte vir die HR bestuurderes, ons visums verval amper en ons moet dit opdateer. Dit is belangrik, mens wil nie sonder ‘n visum in ‘n vreemde land wees nie. Ons gaan so week sonder visums wees, dalk selfs langer.
Lees voort “As mens jou paspoort nodig het om bier te koop …”Etiket: expat
Lapwinkel in Almaty Qazaqstan
In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.
Lees voort “Lapwinkel in Almaty Qazaqstan”Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …
Ek het al soveel keer vertel hoe moeilik dit is om vleis in Qazaqstan te koop. En dat mens baie keer slegte verrassings kry. Mens kan op die mark mos so tussen tafels vol vleis deurloop. En by elke tafel koop en betaal jy.
Lees voort “Mens kan sowaar oor vleis in Almaty blog …”‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty
Ons het gistermiddag gaan stap. Manlief was klaar in ander klere en glad nie lus om te gaan stap nie. Maar, ek kan nogal oortuigend wees as ek moet.
Lees voort “‘n Vinnige uitstappie afgerond met ete by Mado in Almaty”Maggi sakkies in Qazaqstan
Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?
Kyk, in Qazaqstan is hier ‘n hele paar dinge wat anders as in Suid-Afrika. En ek ontdek na ‘n jaar en drie maande hier steeds interessante goed.
Lees voort “Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?”