Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en deel hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.
Terloops, ek neem skermfoto’s van my foto’s om die grootte daarvan op WP te beperk. Die oorspronklike foto is heelwat duideliker.
***
Op 22 Februarie 2020 wys my iPad vir my hierdie foto. En dit neem my onmiddellik terug na Kazakhstan. Öskemen (Ust’-Kamenogorsk) en om meer presies te wees na Öskemendam.
Dit is veronderstel om die begin van die lente te wees, maar ons was nog heel gemaklik in ons dik jasse, mussies en handskoene. My hande was selde uit my sakke uit, hulle het gevries. En die handsak van my moet ingaan dat sy ritssluiter reggemaak word.
Agter ons is die dam nog bevore, en ons my voete was die sneeu nog dik. Dit was een van my gunstelingplekke om te besoek. Die dam word gebruik om hidro-elektrisiteit op te wek.
Mooi herinneringe aan die tyd toe ek en manlief heel laf was om oorsee te gaan bly vir 18 maande. Die besluit was geneem voordat die pandemie die aarde getref het. Die foto is so twee weke voor die sluiting van die landsgrense geneem.
Toe het ons nog nie geweet dat ons gemasker gaan word nie. Terloops, dit sou wonderlik wees om in dié koue ‘n masker te dra.
Mooi! Ek dink tog julle het n groot ervaring gehad.
LikeLiked by 1 person
Dit bly steeds ‘n pragtige foto.
LikeLiked by 1 person
Dit is nou ‘n foto wat dadelik herinneringe kan oproep. Pragtig! Lekker beskryf ook.
LikeLiked by 1 person
Dankie, San. Dit bring baie herinneringe op. Koue ook, dit is ysig op daardie sneeu.
LikeLike
Baie mooi foto van julle en elke herinnering so saam is altyd iets kosbaars vir later en terugkyk op jou lewe – wat jy (moes) deurmaak en wat daarvan jou dalk sterker gemaak het.
LikeLiked by 1 person
Dit is so Nikita, wat mens sterker maak. Dankie, dit was opwindend, so by aftrede se kant.
LikeLike