Gepubliseer in Joernaal

Foto-storie #10

Hierdie foto sal my altyd herinner aan een van die bekommerdste tye van my lewe – die tyd toe manlief in Kazakhstan wou gaan werk.

Ons het heen en weer gestry, ek het geweier om in ‘n land te gaan bly waar die temperatuur tussen +40 en -40 grade Celsius speel. As jy nie in ‘n yspilaar verander nie, gaan jy beslis doodbrand. Maar hy het agter my rug met die kinders gesels, almal het hulle ons voorspoed toegewens, ek het oorbodig gevoel omdat almal voorspoed toewens.

En gebied: Ons sal eers gaan kyk hoe die land lyk, of mens in die koue kan oorleef. En dan word die werk aanvaar, nie andersom nie.

Die myn het ons oorgevlieg, maar die eerste drie dae in Almaty gehou, waar die temperature baie meer gematig is. Ek wou na Ust’-Kamenogorsk gaan, dit is in daardie koue deel wat ek moet oorleef. Uiteindelik is ons na Almaty se lughawe, om met die vlug na Ust’-Kamenogorsk aka Öskemen te begin.

Hulle het ons met een van die goedkoper lugrederye opgevlieg, noorde toe. Dus haak hy nie aan die gebou nie. Jy stap sommer uit die gebou en na die vliegtuig toe. Koue of te nie.

En glo my, mens se moed sak in jou skoene as jy na die vliegtuig stap en hy staan en stoom so. Want jy weet nie of hy enjinprobleme het en of hy koud kry nie. Albei was vir my maar vreesaanjaende gedagtes.

Dit was koud, die sneeu moes van die aanloopbaan skoongemaak word. En glo my, jy stap soos ‘n ou tannie om nie op jou alie te sit op pad na die vliegtuig toe nie.

Ek het baie groot geskrik toe die kwaai man vir my wys ek beter my kamera baie vinnig wegsit – geen foto’s nie!

Die Here het die temperature laag laat daal -38 grade Celsius in Ust toe ons daar aankom. Ons het gesien hoe mens oorleef, wat om te dra en dat huise en winkels en karre en busse en vliegtuie warm is. Jy moet net sorg dat jy war aangetrek is as jy buite is … dit is hoe mens daar oorleef.

Een van Scat se vliegtuie het iewers in 2020 in ‘n gebou op die aanloopbaan in Almaty vasgevlieg, mense is dood.

Ons het nooit met Scat gevlieg nie, ons was baie erg oor Kazakhstan se nasionale lugredery – Air Astana. Vernoem na die vorige naam van die hoofstad van Kazakhstan, wat tydens ons verblyf daar na Nur-Sultan verander het.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Foto-storie #10

  1. I think you’re right: your snow-covered mountain is heavenly. Beautiful pictures. Not just the mountains; I loved your sunlight on a tree photo. Wonderful.

    I don’t speak Afrikaans — but I could almost make some of it out; it seems very similar to German.

    Liked by 1 person

    1. Hi Matt, Afrikaans originated in South Africa from European and Asian and native languages. European languages include German and Ducth, that is why you should be able to understand some of it. It is supposed to translate if you read it on a browser that can translate my page. I have studied German at school from grade 8 up to Grade 12; therefore, I could understand some of the things I read when I visited Germany.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.