Gepubliseer in Joernaal

Foto-storie #1

Ek sien daar is soveel bloguitdagings vir die deel van foto’s in Engels. Ek wil graag daaraan deelneem, maar ek wil nie my blog se taal meng nie. Ek lief my Engelse blogvriende, gesels op hulle s’n in Engels saam. En geniet dit as hulle hier in Engels saamgesels. Sommer baie.

Ek skryf my artikels slegs in Afrikaans. Goed, ek weet daar is ‘n Engelse een. Dit was noodsaaklik om my CV in Engels te deel. Maak my lewe makliker. Dit is al rede.

Dus gaan ek ‘n uitdaging in Afrikaans skep. En hoop dat my blogvriende geïnspireer sal word om saam te skryf. Daar is, soos wat ek kan agterkom, nie ‘n soortgelyke een in Afrikaans of Engels nie. Maar ek kan verkeerd wees, ek sien net die foto’s wat my blogmaats deel wanneer hulle aan ‘n uitdaging deelneem.

Dit gaan nie regtig oor die komposisie van die foto nie, maar eerder oor die storie agter die foto. Die uitdaging werk so:

***

Bloguitdaging: Kies ‘n foto uit jou album. Skryf die storie daaragter op jou blog en hierdie skakel in die artikel sodat ek daarvan weet. https://christavanstaden.com/2021/02/22/bloguitdaging-foto-storie-1/ Of deel die skakel daarna in die kommentaar van hierdie artikel. Dit kan in Afrikaans of Engels of ‘n ander taal wees. Die fokus is op die storie en nie noodwendig die gehalte van die foto nie. Soms kom die foto swak uit, want daar is ‘n storie agter die foto wat dadelik onthou word.

***

Agtergond

Toe dit in Januarie 2021 so hard en aanhoudend in die Noord-Kaap reën, wou die Geografie-juffrou in my met alle geweld na die Augrabiese waterval gaan kyk. Want al die water moet mos in die Oranje land. En dan moet dit ‘n vloed veroorsaak wat die Augrabiese waterval in ‘n skouspel sal verander.

Die eerste naweek kon ons nie gaan nie, ons het klaar bespreek dat ons ons huweliksherdenking (39 jaar) saam met die kinders in die stad gaan vier. Manlief wou nie vir die dag deurry nie, dus kon ons die eerste naweek in Februarie ook nie gaan nie. Hy werk Saterdae. Ek het vir die naweek van die 14de ‘n plek vir ons in die Augrabiese natuurreservaat bespreek, sodat die naweek nie verby kon gaan sonder dat ons daar was nie.

Weens die vloed kon ons nie in die park rondry nie. Dus kon ons ook nie mooi uitkykpunte gaan soek waar ons die sonsondergang kan dophou nie.

Foto

Dit was bewolk, het gereën ook. Dit het al dae lank gereën, tog is die aarde uitgedroog.

Ek het nie gedink dat ek ‘n sonsondergang foto sou kon neem nie. Ons het gebraai met ons rug na die sonsondergang en toe ek opstaan om slaai te gaan maak, sien ek dat dit wel gaan moontlik wees om so ‘n foto te neem.

Die tyd was egter uiters beperk.

Ek is die huis in, het my foon gegryp en teen die bultjie uitgedraf om die sonsondergang te gaan vang.

Toe tref die barheid van die omgewing my. ‘n Omgewing wat, ten spyte van die verskriklike volumes water van die Oranjerivier wat agter my rug by die waterval oorverdowend afval, aan waterskaarste ly.

Die aalwynboom voor in die foto het my aandag getrek, daar staan ‘n soortgelyke een in my dollatjie se erf in die stad. En ons verstaan dit is derduisende rande werd. Hierdie een groei so pragtig, ten spyte van die barre grond waarin hy staan. Hy verkies mos eintlik min water.

Ek kan, soos blogvriendin Anne, nie verby ‘n boomstam stap nie. Die teksture trek my aandag.

Hierdie foto sal my, elke keer wanneer ek dit sien, herinner aan ‘n naweek by die Augrabiese waterval. Toe die Oranje vir die eerste keer in 10 jaar weer in vloed was om so ‘n skouspel te skep. Was in 2010 en 2011 ook so in vloed.

Ek kon nie help om die Here te dank dat ons nie by die Vaalrivier ‘n vloed moet gaan trotseer soos in 2010 en 2011 nie. Die twee datums is in my brein ingeprent.

Dit sal my herinner aan ‘n naweek toe ek weer van die verskriklike krag van water bewus geraak het. Ek was skoon bangerig om op een van die uitkyktorings te staan toe ek die oorverdowende malende water onder my en om my aanskou het. Heeltemal te naby aan my sin om regtig op my gemak te voel. Dankbaar dat die vloed van die Vaal die water geleidelik en stil opstoot, nie met die krag van hierdie water nie.

Die grootsheid van God se skepping.

Dit laat my aan soveel tekste in die Bybel dink.

Jy is welkom om kommentaar oor die komposisie en gehalte van die foto te lewer. Hoe dit verbeter kon word.

Ek gebruik geen filters of photoshop nie, ek verkies dit soos ek dit geneem het.

Rou. Sal wel wil saamgesels oor hoe die foto verbeter sou kon word.

***

Dalkies spoor dit jou aan om deel te neem? Jou eie foto-storie in Afrikaans te skryf?

Ek sal mettertyd weet of dit ‘n haalbare uitdaging is.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Foto-storie #1

  1. Dit klink baie interessant. Ek het vandag nog ‘n oog operasie gehad en sal hierdie stuk weer lees wanneer ek beter kan sien. Die idee van die storie agter ;n foto is ‘n goeie een.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.