Hierdie foto is baie spesiaal, herinner my aan een van die plekke in Ust’-Kamenogorsk waarheen ek die graagste gegaan het. Ek en manlief het dit elke keer geniet om daar te wees.
Vir my was een van die grootste bederwe in Ust’-Kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan om na die dam te gaan.
Die damwal is in die Irtishrivier gebou om die water op te dam sodat dit spoed kan kry om hidro-elektrisiteit aan die dorp te kan verskaf. Ek het al daarvan vertel. Met baie foto’s, kyk gerus hier.
As manlief gevra het wat ons moet doen, het ek gevra om na die dam te gaan. Dit is soveel anders as in Suid-Afrika.
In Suid-Afrika sou dit ‘n toeriste-aantreklikheid gewees het. Met restaurante, plekke om aandenkings te koop. ‘n Geldmaakplek.
Nie in Ust nie, seker maar omdat Ust vir baie jare van die buitewêreld weggesteek was. Juis omdat uranium daar verwerk word. Ek wil nie vandag daaroor gesels nie, maar eerder oor hierdie foto.
Die loopbrug hang aan die dam se kant van die een kant van die dam tot die ander kant. As jy nie per boot oorgeneem wil word nie, kan jy oorstap. Min mense doen dit egter, want die bootreise is goedkoperig. En hulle neem die bote om na hulle somerhuise aan die oorkant van die dam te gaan.
Dit was heerlik om links af te kyk op die bote en die diep water met eende hier en daar. En regs stuk vir stuk te sien hoe die dele van die struktuur lyk wat die waterkrag opbou.
Die damwal is hoog, as ek onthou een van die hoogste in die wêreld wat ‘n manier bied om bote steeds tussen die riviervlak en die damvlak te laat styg en sak.
Dit moes ek maar Google, ons het mos nie die taal verstaan nie. “kamer” word met water opgevul en weer ontwater om bote vanaf die damvlak af te neem na die riviervlak doer ver onder. As ek reg onthou, word dit in drie stappe gedoen, darem nie op een slag nie. En dit maak Öskemendam se waterhek die hoogste een in die wêreld wat daagliks in gebruik is.
Mooi herinneringe aan ‘n avontuur wat ek en manlief so geniet het. Tot die pandemie besluit het om ons weg van ons eie land te hou. Met vliegtuie wat op die grond sit en wag vir beter dae.
Hierdie foto is tydens die sorgelose dae geneem toe ons nog kon kom en gaan soos ons wou. Maskerloos.
Vry soos voëls om die 10 000 km huis toe te kom wanneer ons wou…
The Room is called a Lock, the same as is used on a canal to raise or lower a boat – die Slot op ‘n kanaal
LikeLiked by 1 person
Dankie, Andrew, ek waardeer dit. En sowaar het jy die Afrikaanse woord gevind. Impressive.
LikeLiked by 1 person
Ek is ‘n nuuskierige liggaam – daar is baie slotte in Engeland waar ek gebore is
LikeLiked by 1 person
In ons land is daar – as ek reg is – geen slotte in die riviere nie. Ek dink dit is omdat bootvaarte ook nie hier gebeur nie.
LikeLike
Hulle word meestal aangetref in kanale wat op baie vlakke bestaan. Die Lock lig die boot na die volgende vlak.
Die enigste keer dat jy dit op riviere kan vind, is as daar ‘n versperringsmuur is
LikeLiked by 1 person
Andrew, are you Afrikaans, or do you translate. This is excellent Afrikaans.
LikeLike
No English with a little German,no Dutch. I use Google Translate then reverse it and use an Afrikaans dictionary. I can get a little understanding since some small verbs and nouns are the same as Dutch or English.
LikeLike
That is true, our language developed through combination of several languages. You did an excellent translation job.
LikeLike
I studied Philosophy of Language at University,
LikeLiked by 1 person
Interesting – that explains your love for understanding my language as well. Ek waardeer dit baie.
LikeLike
I’m happy you appreciate it,I’ll keep it up .
LikeLiked by 1 person
And maybe some day you will be able to speak my language. I did not realise that Afrikaans and Russian have so many similarties. They pronounde many letters as we do, and they have words that we use in Afrikaans, the spelling differs though. Like teatr (teater in Afrikaans, theatre in English).
LikeLiked by 1 person
Dankie! Dit was baie interessant. En jy kan baie detail onthou nè!
LikeLiked by 1 person
Ek kan, dit was spesiale dae saam met my man in ‘n vreemde land. Elke foto bring herinneringe …
LikeLike
Dis baie interessant Christa! Mooi herinneringe!
LikeLiked by 1 person
Dit is hoor, ek geniet die terugblikke.
LikeLike
🌹
LikeLike
hierdie week was die grootste deel van u artikel vir my verlore. Google Page Translator het ‘n hond se ontbyt uit die storie gemaak. Was u tuis of weg van die huis toe die waterpomp breek? Ek kon die meeste van die res kry. Waar was jy dat dit so koud was!
LikeLiked by 1 person
We were at our house at the river, it was horrible cold. I am going to try and understand where the text got lost in translation. South Africa.
LikeLiked by 1 person
I assume you refer to the one about the icy cold weather with the photos of ice on grass and in trees?
LikeLiked by 1 person
We were not there, it is our holiday house.
LikeLiked by 1 person
Ek glo ek verwys moontlik na die latere berig
LikeLiked by 1 person
I believe so.
LikeLike
For some reason the page translator is inaccurate, it translates weirdly. For instance it translates ‘dogs’ as ‘wolves’.
I use the translator and adjust my words to similes which translate accurately. This last time it didn’t work out so well because of the English ergot I sometimes use.
LikeLiked by 1 person
I should do that as well, especially since I have English readers. My language have lovely words that can’t be translated to orher languages, and I forget that when I write stories.
LikeLike