Ons was aan Binnelanders, Suidooster en Getroud met Rugby verslaaf, ek en manlief. Ons het ook die reekse gevolg: Swartwater, Sara se geheim, Fynskrif, daardie een wat aan die Waterfront geskiet is, was sy naam Waterfront? Dan was manlief aan sport verslaaf, enige iets, rugby eerste, dan gholf, krieket, tennis, fietry, die hele kaboedel is op ‘n piepklein iPhone skermpie gekyk. Tot ons Qazaqstan toe getrek het.
Lees voort “‘n Plaasvervanger vir When Calls the Heart?”Etiket: expat
2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan
More dominee Kobus en die gemeente en bloggers wat lees.
Lees voort “2de brief aan die gemeente: Ses maande in Qazaqstan”Ek en RSG en alternatiewe vir melk
Ek het klaar verduidelik dat ek stilte om my nodig het om te funksioneer. Daarom het ek eers verlede week die vreugde van Airpods ontdek. En as ek nie nou in my spoor begin trap nie, gaan ek een van die dae permanent met die goedjies in die ore rondloop.
Lees voort “Ek en RSG en alternatiewe vir melk”So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?
Manlief is vanoggend met die bak koeksisters waarvan ek gister vertel het werk toe. En kom al glimlaggend vanmiddag vir middagete tuis. Met die leë bak in die hand.
Lees voort “So, wat dink die Qazaqs van ons koeksisters?”As manlief koeksisters belowe …
Ek was op universiteit gek oor koeksisters. Was van 1979 tot 1981 in Madeliefkoshuis by Tukkies. En ek is werklik dankbaar dat die Universiteit van Pretoria Madelief se naam laat bly staan het. Want in my tyd het ons Madelief se kleuterjare gevier. Sy het drie en vier en vyf geword en elkeen daarvan het met partytjies gepaard gegaan.
Lees voort “As manlief koeksisters belowe …”Jacobs, melk, bacon en gedroogde groente …
Ons stad is ver van die ou hoofstad (Almaty, so 1000 km suid) en die nuwe hoofstad (Nur-Sultan so 1000 km wes) geleë. Tussenin is een of twee groot dorpe en baie, baie gehuggies. Laat mens aan Mosambiek dink.
Lees voort “Jacobs, melk, bacon en gedroogde groente …”