Vanoggend kry ek ‘n interessante e-pos van Google af – naamlik dat Google nou ‘n tydlyn aanbied. Dié tydlyn help my om weer te kyk na plekke waar ek die afgelope maand was en om herinneringe op te roep oor oorsese reise en vorige plekke wat ek die afgelope maand besoek het.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Telwoorde – Afrikaans
Daar is twee soorte telwoorde, naamlik hoof- en rangtelwoorde. As jy die regte vraag vra, is dit maklik om tussen die twee soorte telwoorde te onderskei.
Lees voort “Telwoorde – Afrikaans”Hoe kan ek die ensieme in my verteringstelsel verhoog?
Volgens John Douillard, ‘n mediese praktisyn, kan digestive enzymes die pyn verlig wat met die verteer van kos gepaard gaan, maar daar is ‘n paar gevare.
Lees voort “Hoe kan ek die ensieme in my verteringstelsel verhoog?”
Bergfietsry is nie vir sissies nie …
Ons het so twee jaar lank aan bergfietswedrenne deelgeneem – 2009 tot iewers in 2010. Ons dogter en haar man het dit begin en ons genooi om ook fietse te koop. Ek het laas as skoolkind fiets gery, ek was doodbenoud, maar het besluit om dié bul tog by die horings te pak en ‘n Merida aangeskaf.
Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat
Ons het altyd ‘n Duitse herdershond gehad – om ons te beskerm. En dié woefe het gereeld chaos in die staat veroorsaak. Veral as iemand dit sou waag om in die straat te wees as ons by die hek stop om in te kom. Enk dink sommer nou aan twee gevalle.
Lees voort “Ons Duitse herdershonde veroorsaak chaos in straat”
Kleinkindpret by Sun City
Lief my kleinkindseuntjies baie!
Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.