Gepubliseer in Reisjoernaal

Kleinkindpret by Sun City

Lief my kleinkindseuntjies baie!

Gister wil ek so bietjie op die Lazy River by Sun City se opblaasbande ry, maar sien nie kans om dit alleen dit alleen aan te pak nie. Dollatjie se oudste en middelste speel te lekker by die glybane en wil nie saam nie. Toe beraam ek maar ‘n plan.

Sê vir hulle dat ek dit wil doen, maar dat ek “bang” is omdat ek nie weet hoe dit werk nie.

Middelste is dadelik reg om my te gaan leer en so kry ek ‘n les oor waar om die opblaasband te kry, waarheen om te gaan, hoe om in die band te klim en wanneer ek hom dan op my skoot moet tel. Oudste is ook saam, net om seker te maak ons twee verstaan hoe dit werk.

Toe Middelste eers op my skoot is, is die lesse ook klaar. En toe ons deur die spuitende ape gaan – skaars nadat ons opgeklim het, skree ek en hy ewe hard toe die water ons oral tref en sopnat spat – volgens Middelste was dit “awesome.”

Ek het die spulletjie die hele dag so bekyk en gedink dat dit nou een ding is wat ek nie gaan doen nie. Ons sou die aand saam uiteet en my nuwe kort hare sou dié natspuit nie geniet nie. Koninklike oomblikke saam met ‘n kleinkind kan mens egter nie laat verbygaan nie. En daarvoor is daar knippies ingepak om hare beter te laat lyk – net vir ingeval ek tog sou besluit om saam te swem …

Hoe verlang ek nie nou na die kelinkinders van my nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Kleinkindpret by Sun City

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.