‘n Ou gunsteling, aangepas om in my Thermomix gaar te maak.
Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Dadelballetjies – Thermomix
Aangesien manlief onlangs diabetis ontwikkel het, bak en brou ek nou sonder suiker. Hierdie resep is heerlik soet, maar geen suiker is bygevoeg nie. Vinnig en maklik in my Thermomix gemaak.
Gemmer en dadelballetjies
Ek kan nooit ‘n resep toets en dit dan vir altyd net so maak nie. Dus eksperimenteer ek met variasies op dadelballetjies. Hierdie een is tans my gunsteling.
Trojaanse vingers …
Ek wonder hoeveel verhoudings deur die Trojaanse vinger geteister word en hoeveel daarvan uiteindelik oorleef. Die Trojaanse perd is mos toentertyd ingespan om soldate ongesiens in ‘n stad in te smokkel – veilig versteek binne in die perd se binneste.
Tamatie en basilsous vir Thermomix
Ek het vanaand pap in my Thermomix gemaak en dit het heerlik uitgekom. Natuurlik wou manlief hê dat ek ‘n sous vir die pap maak, dus het ek my sous aangepas om in die TM-houer te maak.
Werkwoorde – Afrikaans
Daar is vier soorte werkwoorde (doenwoorde, woorde wat aksie aandui), naamlik selfstandige werkwoorde, hulpwerkwoord, koppelwerkwoorde en die infinitief. Sommige werkwoorde kan in onderafdelings ingedeel word.
Lees voort “Werkwoorde – Afrikaans”