Gepubliseer in Tegnologie

Google volg my orals …

Vanoggend kry ek ‘n interessante e-pos van Google af – naamlik dat Google nou ‘n tydlyn aanbied. Dié tydlyn help my om weer te kyk na plekke waar ek die afgelope maand was en om herinneringe op te roep oor oorsese reise en vorige plekke wat ek die afgelope maand besoek het.

Screen Shot 2017-12-06 at 10.57.24.png

Nuuskierig kliek ek daarop om te sien wat Google nou eintlik van my weet, want ek gebruik ‘n Apple iPhone en ek gebruik selde Google Maps. Dié nuwigheid word met drie advertensies geadverteer, naamlik:

a) dat ek die liggingsgeskiedenis kan gebruik om ‘n privaatkaart te skep.Screen Shot 2017-12-06 at 10.47.49.png

b) dat ek die tydlyn kan gebruik om plekke weer te besoek.

Screen Shot 2017-12-06 at 10.47.39.png

en c) dat ek die liggingsgeskiednis kan uitvee of verander.

Screen Shot 2017-12-06 at 10.48.00.png

En watter veraarsing kry ek nie toe ek op my tydlyn ingaan nie!

Ek was regtig op daardie dag vir 14 minute in Cradlestone Mall! Ek het my werknemer geneem om ‘n bankrekening by ABSA oop te maak – en toe sommer gou gekyk wat Game te kope het aangesien die twee reg langs mekaar is …

Screen Shot 2017-12-06 at 10.49.00.png

Ons het Sondag vanaf Bothaville teruggekeer stad toe nadat ons die naweek gaan uitspan het. Of altans, ek span uit en manlief werk. Hy dink bouwerk is vakansie …

Screen Shot 2017-12-06 at 10.50.04.png

En ons het regtig so woes rondgery. Op die betrokke naweek het ons ons wag laat gaan omdat ons op kamera gesien het hoe hy ons goed doelbewus beskadig, ons is Leeudoringstad toe om hom by sy huis te gaan aflaai, ons het tot byna in Theunissen gery om ‘n nuwe wag by ‘n boerevriend te gaan leen, teruggery Bothaville toe om hom af te laai en aan die plek bekend te stel en die Sondag weer na ons huis teruggekeer.

Screen Shot 2017-12-06 at 10.51.49.png

Dit wys ook hoe ver ons gery het en hoe lank dit geduur het. Die volgende aand is ons terug plaas toe omdat ons ‘n verklaring by die polisie moes gaan aflê. Dit het langer geduur omdat die Boere toevallig dié aand ook besluit het om die Swart Maandagoptogte by Westonarea verder te voer.

Ek moet sê dat dié inligting beslis waardevol is en dat dit herinneringe oproep. Ek wonder egter hoe gemaklik ek daarmee is dat Google my volg. Aan die een kant vertel Google dat die inligting privaat is en dat net ek daartoe toegang kan verkry. Aan die ander kant wonder ek egter hoe gemaklik ek daarmee is dat Google my so kan volg. En watter impak dit op my datagebruik uitoefen as ‘n toep my so volg …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.