Volgens John Douillard, ‘n mediese praktisyn, kan digestive enzymes die pyn verlig wat met die verteer van kos gepaard gaan, maar daar is ‘n paar gevare.
Een daarvan is dat mense daaraan verslaaf kan raak en heeltemal te veel moet inneem om te oorleef. Daarom stel hierdie outeur die volgende voor om die probleem van stadige verteringstelsel te oorkom.
- Eet meer groen kos soos rou beet, selery, appels, artichokes en groen blaargroente omdat gif daaraan kleef en so uitgespoel word. Tumeric is blykbaar baie goed, laat my sleg voel maar sal weer probeer.
- Drink fenugreek tee omdat dit normale vertering ondersteun.
- Eet kaneel met elke ete, dit beïnvloed goeie bloedsuikervlakke en ondersteun normale verteringstelsel.
- Meng elke oggend 1-2 eetlepels olyfolie met 1-2 eetlepels suurlemoensap. Skud en drink elke oggend of aand op ‘n leë maag. Dit oefen die lewer en galblaas en ondersteungesonde bile vloei in die pankreas
- Drink ‘n groot glas water voor elke ete – dit moedig die produksie van hydrochloric acid en verbeter vloei van bile en pankreas ensieme
- Gereelde detoks van lewer en vetselle help om verteringstelsel te verbeter.
- Kruie-aanvoegings soos gentle digest, beet cleanse en liver repair in sy winkel. Dit gaan ek ‘n skip gee.