Gepubliseer in Reisjoernaal

Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae

Ek sal my twee kinders se 30ste verjaarsdae nooit vergeet nie. Nie net omdat hulle my kinders is nie, maar ook omdat beide by Sun City gevier is en beide my hart amper laat gaan staan het weens die teenwoordigheid van ‘n aap of ‘n bobbejaan wat dit te naby na my smaak aan my gewaag het.

Lees voort “Ek, Sun City en my kinders se 30ste verjaarsdae”

Gepubliseer in Tegnologie

Effektiewe metodes vir Google-soektogte

Google is my gunsteling soekenjin en help my om inligting vinnig en maklik op te spoor. Ek hou veral van die feit dat die bronne wat die meeste geraadpleeg word bo-aan die lys verskyn omdat dit my help om die bronne te sif om die regte inligting te verkry. ‘n Paar jaar gelede is Google nie as ‘n bron vir akademiese navorsing erken nie.

Lees voort “Effektiewe metodes vir Google-soektogte”