In Ust-Kamenogorsk kon manlief nie gaan gholf speel nie. Daar was nie gholfbane nie. Of ek jok, daar was een. By die Nurtau ski-oord naby Ust-Kamenogorsk. Nie juis ‘n plek waar ek ‘n gholfbaan sou bou nie. Die sneeu bedek die aarde daar vir ses maande en dalk selfs langer met ‘n laag van so meter of meer dik. Kan meer wees, ek praat onder korreksie. Maar nie minder nie. Hoe moet die fynbesnaarde gras van setperke sulke uiterste koues oorleef?
Lees voort “‘n Oggend saam met manlief op ‘n gholfbaan in Almaty”Kategorie: Reisjoernaal
Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek
My blogvriendin Toortsie skryf vandag oor GladWrap. En hoe mens van hierdie soort plastiek ontslae kan raak. Sy het voorstelle uit die dae voor Glad Wrap.
Lees voort “Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek”Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie
Ons bly nou twee maande in Almaty. En almal wil weet hoe dit is. Ek sê dan maar net dat ek nog nie kan sê nie, ek is te kort in die stad. En ek mis Ust’-Kamenogorsk ala Öskemen nog te veel om ‘n oordeel te kan maak.
Lees voort “Om dringend die regte medisyne in Almaty te koop as jy nie Russies kan praat nie”Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum
Ek het al genoem dat ons van Coffee Boom hou. Ook dat ons die een by Dostyk Mall al verskeie kere besoek het.
Lees voort “Ons kuier by Coffee Boom in Forum winkelsentrum”As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken
Ek lees nou die oggend Una se stuk oor die twee afgebrande huise langs hulle. En dat een van die huise met laslappiewerk reggemaak word. Eerder as om af te breek en oor te bou.
Lees voort “As jy die swakplekke van die huisies langs joune ken”Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik
Mia vertel my al so lankal van Wildberries. ‘n Baie groot aanlynwinkel in Qazaqstan. Waar jy enige iets kan koop – van sekere kos tot klere tot toestelle. Ek gaan juis vandag my hidrometer afhaal. Om hierdie droë lug te toets.
Lees voort “Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik”