Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek

My blogvriendin Toortsie skryf vandag oor GladWrap. En hoe mens van hierdie soort plastiek ontslae kan raak. Sy het voorstelle uit die dae voor Glad Wrap.

Soos ‘n vadoek oor die bak. Ek kry dit nooit reg dat die vadoek mooi hang nie. As ek weer sien, druk dit op die tert. Plak die versiering daaraan vas. Dus verkies ek die liewe, betroubare kleefplastiek.

Sy stel ook voor dat mens foelie gebruik. Dik soort, wat jy oor en oor kan gebruik. Foelie doen dit nie vir my nie. Ek kan die gereg nie sien nie, weet nie wanneer die foelie op die gereg druk nie en dan is dit ook nie digte seël nie. Dus verkies ek die liewe, betroubare kleefplastiek.

Sy stel voor dat mens sommer met die oop bak op jou skoot na vriende se huis kan gaan. Ek onthou die gemors in die kar as manlief skielik moet rem, my suster my stamp as ek met die gereg op my skoot sit. En my ma se vies uitdrukking as die gereg nie mooi ander kant uitkom nie. Dus verkies ek die liewe, betroubare kleefplastiek.

Ons kry die kleefplastiek hier, wat rek en trek om goed oor bakke te pas. Die kos mooi binne te hou, selfs al kantel dit per ongeluk. Ek gebruik dit om verskeie redes baie min.

Eerstens, skep ek kos in kleiner bakke oor as daar oorbly. Dan hoef ek die groot bak nie toe te plak nie.

Tweedens, sukkel ek my alie af om die plastiek reg af te skeur. Daar is altyd dele by die twee punte wat weier om saam te werk. Dan het ek so ‘n stuk verfrommelde plastiek as ek uiteindelik kan plak.

Derdens, het ek nog nie iets ontdek wat kleefplastiek se plek kan inneem nie. Nie met dieselfde grasie en betroubaarheid nie.

Laastens, vat ek selde kos saam as ek gaan kuier. Dit is nou as ons ooit weer so by vriende gaan kuier?

Maar, as ek my kos vars wil hou, keer dat ‘n vlieg op die kos gaan sit (waarvan ons besonder min het, ek kan amper skryf geen) en dit goed wil laat vertoon, dan haal ek die rol uit. En staan ek met moeite en sukkel om die punte van die liewe, betroubare kleefplastiek mooi los te kry. Wat selde gebeur, maar die moed beskaam nie.

Mia verkies die soort wat reeds gaatjies het waar mens kan afskeur. Ek verpes dit, die grootttes is nie soos ek nodig het nie. Dus kies ek die outydse soort, aanmekaar op een rol.

Ek lees in elk geval die week in my Bybeldagstuk van Joyce Mayer dat ek op positiewe gedagtes moet fokus, want negatiewe gedagtes lei to negatiewe gevoelens. En o my genade, die inperkings in SA gee my nie rede om positiewe gedagtes te koester nie.

Hier is dus my beskeie bydrae tot die probleem van ‘n aarde wat met plasties vervuil word tot ons almal gaan versmoor. Ek het nou sommer aan ‘n paar gedagtes gedink.

***

Wat daarvan as die twee gate in bakstene met die gebruikte kleefpapier gevul word? Dit is selde vuil. Kan dit nie daartoe bydra dat huise in SA baie warmer is in die winter nie?

Ek het mos termometer gekoop om die vog in die lug ook te meet. Qazaqstan se huise en woonstelle word gebou om warm te wees in die winter. Ons woonstel is 10 grade Celsius warmer as wat dit buite is. In die somer, ek kan net dink hoe lekker dit in die winter gaan wees. Maar veral hoe lekker dit in SA se huis gaan wees. Ek is seker daardie huis van my is 10 grade kouer binne as buite en nie andersom nie.

Natuurlik hemels in die somer, glad nie lekker in die winter nie. Dalk kan mens so help om mense se huise vir hulle warmer te maak?

Wat daarvan as die plasties herwin word? Om enige iets anders daarmee te maak? Wat weet ek nie, maar ek sal begin dink aan idees.

Veral in Qazaqstan waar die huise reeds warm is. En waar ons die plastiek in oormaat gebruik en weggooi.

Shutterstock het idees, mense wat daarin toegedraai is. Ek sal niemand so kan toedraai nie. Dus gaan dit nie werk nie.

Want sleg voel ek omdat ek my kleefplastiek nie gaan prys gee nie.

Dus moet ek help om ‘n manier te kry om dit te herwin. Dat dit ‘n goeie doel dien eerder as ‘n slegte ene. Positiewe gedagtes …

Hooffoto: Geleen by Shutterstock, sal later met my eie foto vervang. As ek onthou …

10 gedagtes oor “Alternatiewe gebruik vir kleefplastiek

  1. Hulle mask deesdae tuinmeubels, boardwalkplanke ens van herwinne plastiek. N ou plastieksakkie kan ook help om n vuur aan die brand tw steek( ek weet net nie wat word vd plastiekassies en rook nie)

    Liked by 1 person

  2. Ek probeer ook plastiek herwin. Gebruik sakke oor en oor. Het tot al matjies daarmee gehekel. Maar soms, net soms is daar iets wat moeilik is om te vervang. Ek raak hartseer oor die plastiek eiland in die stille oseaan. Diere met plastiek in die maag, om die lyf. Ek probeer, maar soms, net soms is daar iets wat dalk gekom het om te bly. Kan mens probeer om minder daarvan te gebruik? Beslis.

    Liked by 2 people

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.